Ware grootsheid

2018-08-02 06:00

WAT is ware grootsheid?

Kom ons sê eers wat dit nie is nie. U het seker al die Engelse uitdrukking gehoor: “They talk the talk but they don’t walk the walk.”

As daar nou een groep mense was van wie dit waar was, was dit die godsdienstige elite van Jesus se tyd. Dit was die ouens wat in invloedryke posisies in die kerke van destyds gesit het. Hulle wou in tel wees.

Hulle posisie in die samelewing het ook gemaak dat hulle deel was van die politieke en sosiale drukgroepe van die dag. Hierdie ouens was egter lief vir die aandag.

Jy kon hulle van ver af sien en hoor aankom. As hulle goeie dade verrig het, het hulle dit oral uitbasuin. Hulle kleredrag volgens Matteus 23:1-12 was daarop gerig om aandag te trek. As hulle gesels het, was hulle gewoonlik die middelpunt van al die aandag.

Hulle het gehou van die ereplekke by die onthale en was gesteld op hulle titels.

Ons vind sulke mense oral. Dit is die gekose en ongekose leiers in die gemeenskap. Hulle geniet sterstatus en trek aandag met hulle uitsprake en voorgee. Hulle dra maskers en jy weet nie altyd waar jy met hulle staan nie.

Die enigste belang wat hulle najaag is eiebelang. Jesus waarsku teen sulke uiterlike vroomheid en maak Sy hoorders daarop attent dat skyn bedrieg.

As jy ’n openbare figuur is, of in ’n gesagsposisie is, vra dit van jou om keuriger as ander te lewe. Jesus gee ook aan Sy volgelinge ’n les in ware grootsheid, deur Homself aan die kruis te verneder, sodat elkeen wat in Hom glo kan lewe.

Jesus leer dat iemand wat die grootste in die gemeenskap of kerk wil wees, bereid moet wees om te dien. Dit het Jesus self by uitnemendheid gedoen deur ander se voete te was en aan die kruis Sy lewe te gee vir die ondankbares en sondaars.

Beklee jy ’n leiersrol in jou gemeenskap, hoe gering ook al, al is dit net in jou gesin? Wees dan bereid om te dien.

Daarin lê die ware grootsheid. Onthou dat dit die nederiges in God se nuwe wêreld is wat deur God hoog geag word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.