Watertekort: Suid-Afrika se grootste hoofpyn

2017-02-02 06:02

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In Suid-Afrika, wat ‘n uiters waterskaars land is, sal dit fyn beplanning en groot kundigheid verg om te verseker dat die watervoorraad nie mettertyd eenvoudig opraak nie

DIE gesegde dat die volgende wêreld-oorlog nie oor beleidsverskille of grondgebied gaan gevoer gaan word nie, maar oor water, is welbekend. En dit raak alhoe geloofwaardiger wanneer ‘n mens die toenemende wêreld-bevolking en die stryd om drinkbare water aan miljarde mense te verskaf, gade slaan.

In Afrika, en veral Suid-Afrika, wat ‘n uiters waterskaars land is, sal dit fyn beplanning en groot kundigheid verg om te verseker dat die watervoorraad nie mettertyd eenvoudig opraak nie. Oral flits die gevaarligte. Ook so tien dae gelede in die Suid-Afrikaanse parlement toe die betrokke minister en haar amptenary redelik kleigetrap het toe hule met vrae gepeper is.

Tydens vergadering van die Parlementêre Komitee vir Water en Sanitasie het skokkende nuus aan die lig gekom dat daar reeds in 2014 ‘n skerp daling was in die gehalte van Suid-Afrika se water in Gauteng, die Vrystaat, Oos-Kaapland, Noordwes en Limpopo.

Niks word gedoen om die monitering van watergehalte te verbeter of die gehalte van die water self te verhoog nie, en honderde-miljoene rande wat daarvoor aangewend moet word, bly onbestee. Die toestand van afvalwater is ook uiters kommerwekkend: net 16% van die aanlegte wat afvalwater behandel, was in ‘n veilige toestand. Boonop was dit die toestand drie jaar gelede, want daar was nie geld om die verslag vroeër te publiseer nie. Daar ka met sekerheid aanvaar word die situasie is nou baie erger. Daarbenewens gee die Departement Waterwese miljoene onbestede rande wat aan die uitbouing en verbetering van die watervoorraad bestee moes word, gereeld aan die Tesourie terug. In 2015 was dit R1-miljard en in 2016 R827-miljoen.

Voeg hierby die ernstige watertekort wat reeds geruime tyd in Suid-Afrika heers weens die droogte, wat ondanks goeie reën nog nie gebreek is nie, veral in KZN, en die prentjie word donkerder. Verlede week het Umgeni Water verklaar indien dit nie baie goed binne die volgende paar maande reën nie, sal twee-derdes van Durban teen die einde van vanjaar geen water hê nie.

Die vlakke van opgaardamme in KZN is kritiek laag: die grootste probleme is die Albert Falls-dam wat slegs 26% vol was, en die Midmar-dam met 58%. Die beplanningsbestuurder, Kevin Meyer, sê in die toekoms sal die huidige waterbronne nie in ‘n droogte-tydperk aan die vraag na water kan voldoen nie. “Indien die droogte voortduur, kan Durban teen die begin van 2018 sonder water wees. Albert Falls kan dan dolleeg wees. Ons sal dit natuurlik nie toelaat om te gebeur nie, want ons kan water van die Midmar-dam af soontoe herlei. Ons kan natuurlik ook beperkings verskerp. Maar dit skets die erns van die saak”

Umgeni Water het ook besonderhede bekend gemaak van wat genoem word die “Universele Toegangsplan”. Ingevolge daarvan word distriks- en kleiner munisipaliteite by die water-netwerk betrek deur hul behoeftes te kwantifiseer en te bepaal hoeveel dit gaan kos.

Verlede week het die Ugu-distriksmunisipaliteit se kliënte-skakelhoof, Zimbini Mantlangula Mpurwana, bekend gemaak dat die munisipaliteit water van Umgeni Water koop om die voorraad na die volgende gebiede aan te vul: Mahlongwa, Mandawe, Willowglen, Mzinto, Pennington, Scottburgh, Park Rynie en Freeland Park.

Sy het bekend gemaak Umgeni Water het ‘n tariefverhoging van 9.5% vir vanjaar aangekondig, ‘n verhoging wat Ugu nie aan sy kliënte sal oordra nie, want ‘n verhoging van slegs 5.7% is verlede jaar goedgekeur. Mpurwana het verwys na Umgeni se streng beperkings, en weer ‘n beroep op die inwoners van Ugu gedoen, en veral dié in bg. gebiede, om water uiters spaarsaam te gebruik.

Dit lyk ongelukkig asof die berigte van goeie reën elders in die land en goeie neerslae op die Suidkus die persepsie geskep het dat die droogte verby is.

Die uwe het verlede week op een dag drie mense net in Shelly Beach alleen gesien wat hul motors met tuinslange was. Nog een het doodluiters sy tuin staan en natlei asof daar geen beperkings is nie.

Ten slotte moet ons nie van Wes-Kaapland vergeet nie. Die winter-reënvalseisoen is nog ver, en die vlak van damme is daar op die oomblik net onder 39%, vergeleke by 48% dieselfde tyd verlede jaar, toe die droogte reeds begin byt het.

Hoewel hulle streng beperkings het, is dit asof die publiek ook nie die erns van die saak besef nie. Die vraag kan met reg gestel word - besef die Suid-Afrikaanse nasionale regering en sy mense werklik hoe ernstig die situasie is? Veral die regering?

BLURB

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.