Wenke aan ouers en matrieks wat vakansies beplan

2018-08-09 06:00
FOTOS: Afrikaans.comMaak seker jy hou jou by sekere reëls om te verseker jou vakansie aan die einde vanjaar is genotvol, pleks van ‘n ramp.

FOTOS: Afrikaans.comMaak seker jy hou jou by sekere reëls om te verseker jou vakansie aan die einde vanjaar is genotvol, pleks van ‘n ramp.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE volgende wenke aan die ouers van matrieks wat nou hard studeer, en wat reeds beplan aan daardie ‘uithaak’-vakansie aan die einde van die jaar, is deur Afrikaans.com aan die South Coast Fever gestuur. Berigte oor die afgelope jare oor hoe hierdie matriekvakansies soms totaal hande uitruk, laat menige ouers met groot beangstheid in hul harte rondloop. Navrae deur die Fever by verskeie Suidkus-matriekouers bevestig dit, en talle van hulle is uiters bekommerd oor wat hul kinders gaan aanvang. Afrikaans.com gee die volgende wenke aan ouers vir groter gemoedsrus:

“Matriekvakansies het oor die afgelope paar jaar ’n tradisie vir baie skoolverlaters geword. Dié vakansie is vir baie tieners ’n simboliese toetreding tot die grootmenswêreld. Vir die eerste keer hou tieners op hul eie vakansie (sonder die wakende oog van ma en pa). Hoewel tieners dikwels nie kan wag vir die groot gebeurtenis om plaas te vind nie, en maande vooruit beplan aan so ’n vakansie, doen rillerervarings en negatiewe mediaberigte niks om ouers se gemoedsrus aan te wakker nie.

Om te verseker dat jou matriek nie in ’n slaggat trap tydens sy matriekvakansie nie, gee Petronell Vorster namens Afrikaans.com handige wenke oor veiligheid om te verseker dat jou tiener se eerste regte smaak van onafhanklikheid aangenaam is.

Veiligheid eerste

Voor ons wegspring en al die opsies vir jou matriek se vakansie bespreek, moet ons eers ’n bietjie preek oor veiligheid.

Maak seker jou kind is bewus van die gevare wat daar buite skuil. Moet nie aanneem dat jou kind weet wat is reg en verkeerd nie. Hê eerder ’n (effe ongemaklike) gesprek oor drank, dwelms en seks as om net stil te bly oor jy skaam is! Ingeligte tieners kan ingeligte besluite neem.

Weet ook dat jou kind gaan drink op so ’n vakansie. Die onus rus op jou as ouer om te sorg dat jou tiener weet hoe om dit reg en veilig te doen.

NETCARE 911 HET DIÉ HANDIGE LYSIE VAN WENKE VIR MATRIEKS SAAMGESTEL:

VOOR JY VERTREK

•Maak seker jou ouers het kontakbesonderhede van ten minste twee vriende wat saam met jou op vakansie gaan, sowel as die kontakbesonderhede van jou vriende se ouers.

•Maak seker jou ouers ken die naam van die gastehuis/oord of hotel waar jy gaan bly.

•Maak seker jy het ’n volledig toegeruste noodhulptassie byderhand en dat jy die nooddienste se kontaknommers op jou selfoon stoor (082 911).

•Laai die mySOS-toep af en laai al die nodige besonderhede sodat nooddienste, insluitend paramedici, jou ligging en ander belangrike inligting maklik van die toep kan bekom indien jy jouself in ’n noodsituasie bevind.

OP DIE PAD

•Moet nie onder die invloed van dwelms of alkohol bestuur nie, en moenie in ’n kar klim wat deur ’n persoon bestuur word wat onder die invloed is nie.

•Moet nooit sonder ’n rybewys bestuur nie (al weet jy hoe.) Dit is onwettig!”

•Maak seker jou voertuig is padwaardig en dat al die nodige onderhoud- en veiligheidsmaatreëls nagegaan is.

•Moenie dat jou vriende jou aandag aflei wanneer jy bestuur nie. Dit sluit harde musiek, fisiese afleidings of harde gepraat en gesing in.

•Om moeg te bestuur, is net so sleg soos om dronk te bestuur. Stop elke twee ure om bene te rek.

•Maak gebruik van Uber of ’n taxi wanneer jy nie vertroud met die area is nie.

BY ’N PARTYTJIE

•Koop altyd jou eie drankie. Sorg dat die botteltjie verseël is voor jy dit drink. Hou altyd jou drankie in die oog en moet dit nie êrens neersit nie.

•As iemand aanbied om vir jou ’n drankie te koop, gaan saam met die persoon kroeg toe. Moenie iets vreemds eet of drink nie en moet nie drankies van vreemdelinge aanvaar nie.

•Bly weg van dwelms!

•Vertrou jou instink: As jy onveilig, bang of ongemaklik voel, verwyder jouself so vinnig as moontlik uit die situasie.

•Moet nooit alleen uitgaan nie, neem altyd ten minste twee vriende saam met jou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.