Wouter se Waterga

2018-05-24 06:00

DIE jongste gesprekke hier in die Watergat, behalwe oor die onlangse rugbywendinge, was die afgelope week in ‘n stadium witwarm en het hoofsaaklik gehandel oor die algemene toestand in ons land. Die sneller, verkoon die ‘woordspeling’, was die moord op ‘n ANC-amptenaar in Margate, gevolg deur nog twee sluipmoorde ‘n dag of wat later elders in KZN. Dan was daar ook die poging tot moord op ‘n senior amptenaar van SADTU.

Ander gebeure wat bespreek is, was die anargie wat in die Noordwes-provinsie uitgebreek het, en verskeie soortgelyke voorvalle van onrus, geweld en plundery wanneer mense nie hul sin kry nie. Die algemene gevoel was dat ons Suid-Afrikaners afgestomp raak deur hierdie geweld en dit onbewustelik begin aanvaar as ‘normaal’. Totdat jy dit aan jou eie bas begin voel. ‘n Plaaslike joernalis met goeie politieke kontakte wat ‘n ‘huistoegaandop’ hier kom drink het, het ons meegedeel dat daar agter die skerms in die plaaslike ANC ernstige woelinge is, en mense bang en bevrees is. Die Zuma-kamp in die provinsie is hier nog goed gevestig, hoewel die tak amptelik Ramaphosa-ondersteuners is, en is blykbaar besig met kwaai destablisasie-taktiek. Dis bekend dat die vermoorde lid pro-Ramaphosa was, en dit was nogal opmerklik hoe gou die Minister van Polisie, Bheki Cele, wat ook sterk pro-Cyril is, hier opgedaag het. Ewenwel, ons het almal ons ‘eiertjies gelê’, en die gevolgtrekking was hier kom groot moeilikheid, want die Zumaïte, deur homself aangespoor, is besig om te hergroepeer soos min. Ook in die ander provinsies. Dis ondenkbaar wat gaan gebeur indien President Ramaphosa na die provinsiale kieskonferensies ontsetel word.

Kom ons praat liewer rugby. Waar die situasie ewe sleg is. Die Sharks het weer in die hek geduik, tot ons groot verdriet, die Lions is nie ‘n skadu van wat hulle was nie en word vinnig op die punteleer ingehaal deur die Jaguares, wat skielik ontpop het in ‘n formidale span. Dit terwyl die ander Suid-Afrikaanse spanne, en die Aussies mekaar uitknikker en die Nieu-Seelanders almal oorheers. Indien die reëls anders was, sou vier Kiwi-spanne die uitspeelwedstryde uitgespook het. Dit is ‘n voldonge feit dat een van die Nieu-Seelandse spanne weer die titel gaan wen. Hulle is ligjare beter as die res.

John Fensham van Munster het tydens ons politieke gesprekke vertel van die vrou in ‘n warmlug-ballon wat besef het sy is verdwaal. Sy daal af en sien ‘n man loop. ‘Verskoon my, kan jy my help asseblief? Ek het iemand belowe ek sal hom ontmoet, en ek weet nou nie waar ek is nie.’ Die man antwoord haar: ‘Jy is in ‘n warmlug-ballon 15 meter bokant die grond. Jy is tussen die 40e en 41e breedtegraad suid en tussen die 59e en 60e lengtegraad wes.’ ‘Jy is seker ‘n ingenieur’, sê die vrou. ‘Ek is ja,’ antwoord die man, ‘hoe het jy geweet?’ ‘Wel’, verklaar sy, ‘alles wat jy my vertel het, is waarskynlik tegnies korrek, maar ek verstaan dit nie en is nog steeds verdwaal. My gesprek met jou het my nog net verder vertraag.’ Die man kyk haar meewarig aan. ‘Jy is seker ‘n ANC-parlementslid’. ‘Ek is’, antwoord sy, ‘maar hoe het jy geweet?’ ‘Wel’, sê die man. ‘Jy weet nie waar jy is of waar jy heengaan nie. Jy het gestyg tot waar jy is weens ‘n klomp warm lug. Jy het ‘n belofte gemaak wat jy nie kan nakom nie, en jy verwag mense onder jou moet jou probleme oplos. Die feit is, jy is nog presies in dieselfde situasie waar jy was voordat ons begin praat het, en op die een of ander manier is dit alles my skuld……’

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.