Wouter se Watergat

2015-11-12 06:00

DIE groot besprekingspunt hier in die Watergat was seker die voorspelbaarste, naamlik die sout-inhoud van ons drinkwater. Kom ons laat dit nou daar wie verantwoordelik was vir die fiasko, maar neem kennis van wat die gevolge van seewater in jou krane is. Ek het iewers gelees die samestelling van die mengsel water wat die eerste twee dae van die krisis by ons krane uitgekom het, was meer as driekwart seewater en slegs ‘n kwart vars water. Die water wat hier­ in die Watergat se krane uitgekom het, was so te sê skoon seewater.

Die ergste probleem wat ons gehad het, was met die ysmasjien. Hy trek water uit ‘n kraan soos ‘n outomatiese wasmasjien, en maak dan ys wat ons in die kroeg gebruik. Dit was eers toe ons ‘n klant se dubbel Bells moes vervang omdat dit souterig gesmaak het, dat ons besef het wat die rede was. ‘n Klomp ys moes weggegooi word.

Dit was interessant om te hoor van ons besoekers se persoonlike ervarings met die soutwater. Jan van de Venter van Manaba het soos elke ander dag van sy lewe, onnadenkend die voëls se waterbak in sy tuin met die tuinslang volgemaak. Teen die derde dag was daar geen voël meer in sy tuin oor nie. Nadat hy gebottelde water in die waterbak gegooi het, het hulle so stuk-stuk teruggekom. Nadine Grobler van Port Shepstone sê vir haar was die ergste die gevoel in die stort wanneer jy seep teen jou vel smeer en daar is geen skuim nie. Die seep skuur bloot teen jou vel en niks gebeur verder nie. Bettie, Nadine se suster, vertel haar sesjarige dogtertjie wou weet waarom haar klere “nes papier voel” pleks van lekker sag en snoesig soos altyd. Dan is daar die klompie mense wat onnadenkend soutwater in hul blompotte gegooi het en moes toesien hoe die plante binne vyf dae bruin word.

Ons wonder almal wat die invloed van meer as ‘n week se soutwater in jou warmwater-toestel oftewel jou geyser gaan wees. Of jou wasmasjien. Of jou skottelgoedwasser. Of jou septiese tenk waarin die chemikalieë se normale funksies heeltemal genegeer is deur die soutwater, tensy jy blitsvinnig weer van die ensiem-doepa in jou toilette afgespoel het.

Ewenwel … die situasie is weer normaal, behalwe dat ons baie vinnig deurdringende reën sal moet kry, veral in die binneland. So nie, het ons in Februarie wind in ons krane, newwermaaind soutwater.

‘n Ander besprekingspunt die afgelope week was weer die onverkwiklike politiek in die land, en daar is niks herhaalbaar wat almal nie reeds weet nie. Behalwe vir die storie van die ouerpaar wat wou uitvind watter beroep hul seun sou volg wanneer hy groot word. Hulle sit toe ‘n tienrand-noot op ‘n tafel neer as verteenwoordigend van ‘n bankier, ‘n Bybel verteenwoordigend van ‘n predikant, en ‘n bottel whisky verteenwoordigend van ‘n boemelaar. Ma en pa kruip toe weg waar hulle kan sien wat gebeur. Hul seun kom al fluitend in, kyk rond om te sien of hy alleen is, hou die noot op teen die lig, en sit dit weer neer. Hy blaai deur die Bybel, kyk weer rond, maak die bottel oop en ruik aan die inhoud. In een beweging druk hy die noot in sy sak, sit die Bybel onder een arm, gryp die bottel en loop vinnig die kamer uit, nog steeds al fluitend. Die ouers kyk teleurgesteld na mekaar met dieselfde gevolgtrekking. Hul seun gaan ‘n politikus word.

Ek het iewers gelees die samestelling van die mengsel water wat die
eerste twee dae van die krisis by ons krane uitgekom het, was meer as
driekwart seewater en slegs ‘n kwart vars water. Die water wat hier in die Watergat se krane uitgekom het, was so te sê skoon seewater.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.