Wouter se Watergat

2016-02-11 06:00

MET die krieketwedstryde van die afgelope tyd en die rugby-seisoen wat stadig maar seker begin wakker word, was die onderwerp van gesprekke die afgelope tyd, genadiglik, baie sport en min politieke wroeginge.

Ongelukkig was die algemene gevoel dat ons krieket met rasseskrede agter-uitgaan, en dat ons glad nie meer die gesag afdwing soos voorheen nie.

Dis nog te vroeg om te bespiegel oor ons rugbyspanne se kanse in die Superrugbyreeks, maar almal het hulle eiertjie gelê. Nodeloos om te sê, party nogal vol wind.

Ewenwel, ons het die hitte met skuimkoppe trotseer, en gekonsentreer op gesprekke wat ons laat goed voel het. Die storie van die week kom van Hettie Groenewald van Harrismith … sy het dit iewers gelees en dit het ’n groot indruk op haar gemaak. Iemand het haar vertel dis ‘n ware storie.

Dis eintlik ‘n lang verhaal, maar ek sal probeer om kort te vertel sonder om iets te verloor. Bul Steenkamp was van kleins af ‘n meneer. Binne tien jaar na matriek ‘n multi-miljoenêr, en ‘n sosiale siel soos min.

Baie gemoedelik en vrygewig, maar hy het nie met hom laat speel nie. Sy bynaam vertel alles, behalwe dat die voorsetsel ‘stoet’ ook gepas sou wees.

Op ‘n dag besluit hy hy het ‘n ‘trofeemeisie’ aan sy sy nodig. Bul bestel haar as’t ware uit Johannesburg se beste model-voorraad. … “gebou soos ‘n pou”, vertel Hettie, blond en sexy verby. Bul was baie uithuisig weens sy sakebedrywighede, en Flaffie, soos hy haar genoem het, se hormone was, soos syne, ook nie lui nie.

Bul kom gou agter iemand anders wei in sy kamp, en sy geaardheid neem oor. Hy laat bou ‘n wynkelder reg onder hul slaapkamer met ‘n swaar sluitdeur. Hy vertel Flaffie hy moet drie dae Durban toe gaan, waarna hulle die kelder sal inwy. Flaffie is in haar noppies. Bul se Sewe-reeks BMW is skaars om die draai, toe bel sy die buurbul: “Ons het die huis vir drie dae … kom sommer nou.” Twee straatblokke van sy huis af, sit Bul dertig minute in sy motor, draai om en ry terug. Daar staan ‘n flenter-duinebesie voor sy deur.

Hy bel Flaffie: “Liefie, my vergadering is uitgestel … sien jou nou-nou … ek het ‘n groot verrassing vir jou.” Flaffie word doodsbleek. “Gou … klim hier in,” … skreeu-gil sy vir die buurbul, wat holderstebolder die trappe af in die wynkelder in verdwyn, poedelkaal. Flaffie sluk drie valiums, pluk haar hempie en jeans aan, en gaan sluit die voordeur oop. Bul staan daar met blomme. “Sit hulle in water, ek gaan haal gou my baadjie, dan ry ons ‘n entjie. Jy sal nie glo wat ek beplan het nie.”

Bul gaan kamer toe, loer onder die bed, en sy vermoedens word bewaarheid toe hy die paar tekkies en klere sien. Hy sluit die swaar deur van die kelder, en sit die sleutel in sy sak. Flaffie voel siek, maar sy “hou haar pose”.

“Kom, kom,” trek Bul haar die BMW in. “Wat nou?” vra sy toe hulle by die hek uitry. “Ek het ‘n groot verrassing … jy wou mos altyd die Franse Riviera sien? Sonbrand op St Tropez? Ons gaan soontoe. Ek het ons paspoorte in my sak.”

“Ek het nie klere nie,” stotter sy. “Geen probleem nie, ons koop alles daar, wag reeds ‘n tas vol vir jou op die lughawe,” sê Bul, selftevrede en selfvoldaan.

Hy laat mos nie met hom speel nie. “Ons gaan drie weke saam, alleen wees en onsself gate uit geniet. Is dit nie wonderlik nie?” Flaffie haal skaars asem en is wasbleek.

“Wat nou?”

Dis nog te vroeg om te bespiegel oor ons rugby-spanne se kanse in die Superrugbyreeks, maar almal het hulle eiertjie gelê. Nodeloos om te sê, party nogal vol wind

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.