Wouter se Watergat

2016-02-18 06:00

DIE afgelope week was ‘n normale Februarie-week … nie te besig nie, want die mense herstel nog van die kredietkaartrekenings van einde Januarie. Bekendes loer in vir een van ons middagete “specials”, sluk ‘n bier en gaan terug werk toe.

Dan is dit maar traag tot so vieruur totdat die manne op pad huis toe gou ‘n lafenis of twee kom drink. Van hulle vetrek klokslag ses-uur huis toe … niemand wil dit erken nie, maar ek is oortuig daarvan hul vrouens is onder die indruk hulle hou eers ses-uur op werk.

Oom Pottie het Woensdag ‘n gesprek aan die gang gesit deur weer te beweer ons gewone mense word hier aan die Suidkus deur besighede verneuk. “Ons is net te slapg*t om te gaan baklei wanneer ons dit agterkom. En ek sluit myself daarby in,” was sy klagte.

Hy het ‘n botteltjie sojasous by die supermark in die Shelly-sentrum gekoop, en op pad uit koop hy samoesas by die winkeltjie langs die supermark. Die eienares sien sy sojasous, en vra hom hoeveel hy betaal het. Hy lig haar in dit was net minder as R65. “Jy’s verneuk man,” sê sy, “kyk daar staan dieselfde botteltjie, dieselfde grootte, en dieselfde handelsmerk uit Singapoer. Ek maak ‘n goeie wins, en hy kos jou hier R49.”

Amper R16 goedkoper as die supermark wat daarop roem hy is die goedkoopste van almal. Pottie is terug supermark toe, maar hy het so gesukkel om die bestuurder in die hande te kry dat hy opgegee het.

Ewenwel, hierna het stories vorendag gekom van motors wat paneelkloppers toe gestuur word vir kwotasies wat dan tot R20 000 verskil van mekaar vir relatiewe klein skade. Drankwinkels waar een soort bottel whisky tot R40 per bottel kan verskil, en niks met spesiale aanbiedings te doen het nie.

Boerewors wat by ‘n bekende supermark amper R70 per kilo kos, heel lekker is, maar R15 per kilo duurder as die produk van ‘n slaghuis wat loshande ‘n beter produk het. Natuurlik is daar oordrywings en faktore wat nie in ag geneem word in gesprekke soos dié nie, maar die konsensus was ons gaan van nou af baie kieskeuriger wees oor waar ons koop.

Omdat ons in die Watergat drank bedien en weet wat die groothandelpryse is, weet ons ook wat redelike en mededingende kleinhandelpryse vir dranksoorte is, en dat sommige van die kettingroepe in ons omgewing se pryse totaal buitensporig is.

‘n Bekende in motorrenkringe in Johannesburg, Ben van Rensburg, het hier ingeloer toe hy verlede naweek betrokke was by die wedrenne op Dezzi se renbaan. Hy het vertel van die vyf Duitsers wat in ‘n Audi Quattro by die Italiaanse grens aankom.

Die Italiaanse grenswag stop hulle en vertel hulle dis onwettig om vyf mense in ‘n Quattro te vervoer.

“Wat bedoel jy dis onwettig?” vra die Duitse bestuurder. “Quattro beteken vier,” antwoord die Italianer.

Die Duitser word kwaad en vertel die Italianer dis bloot die naam van die motor. “Jy kan op die papiere kyk – dis ontwerp om vyf mense te vervoer.”

“Nee,” antwoord die Italianer, “moenie my met daardie een probeer flous nie. Quattro beteken vier, jy het vyf mense in die motor, en jy oortree die wet.”

Die Duitser, redelik moerig, dring toe daarop aan dat die grenswag sy bevelvoerder roep. “Jammer,” antwoord die grenswag, “hy kan nie nou kom nie, hy is besig met daardie twee ouens in die Fiat Uno.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.