Wouter se Watergat

2016-02-25 06:00

WAT ‘n warm en drukkende week was die nie! Nie net drukkend fisies warm nie, maar neerdrukkend vir die gemoed. Al ons besoekers, feitlik sonder uitsondering, het begin praat oor dinge wat hulle hinder sodra die eerste skuimkop, Bolandse water of Skotse uitvoerproduk afgelewer is.

Die uwe is nie meer jonk nie, en ek het besef nog nooit tevore in my lewe het dinge mense oor so ‘n wye spektrum gepla nie. Nie net gepla nie, maar bekommerd en stresvol gemaak. Ons geagte lesers moet onthou, behalwe haarkappers, is werknemers van watergate (en dalk meisies van die nag) die mense in die wêreld wat die meeste van ander individue se wroeginge te wete kom.

En glo my, ons mense, (toegegee, ons klante is hoofsaaklik blank), is bekommerd. Baie bekommerd. Vir wat dit werd is, as gevolg van jarelange vertrouensverhoudings, weet ek dieselfde is besig om onder ons swart landsburgers te gebeur.

Ja, nie altyd waarneembaar nie, en moontlik nie naastenby genoeg nie, maar dis daar. Glo my. Hulle id bekommerd. Lees maar net die rubrieke van gerespekteerde Swart joernaliste in verskeie swaargewig-publikasies.

Die hoof-beswaar die afgelope week was die chaos in die Parlement aan die begin van die president se Staatsrede, die totale sinnelose verwoesting en geweld op universiteitskampusse, met spesiale verwysing na die klug op Stellenbosch oor die ‘swart gesigte’ en hoe pateties die hele saak hanteer is, die oproer by Tukkies oor Afrikaans, die verbranding van waardevolle skilderye by die Universiteit van Kaapstad, die Gupta-faktor, ens. ens.

Die algemene toestand van die ekonomie, verlammende droogte, toename in werkloosheid en ‘n waarneembare verskerping van rassisme en rassistiese aanmerkings , voltooi maar net ‘n gedeelte van die plaaslike wroegprentjie. Las hierby die buitelandse bydrae: die Isis-bedreiging en konflik in Irak, Sirië en verskeie ander lande wat niks anders as ‘n burger-oorlog tussen die Sunni- en Shi’ite-Moslems is nie, onenigheid en konflik in Europa oor vlugtelinge, plus, plus, plus.

Die groot plaaslike ligpunt was die Grondwethof wat julle-weet-wie aarde toe gebring het.

Nie dat die uwe omgee as mense ligweg bekommerd of gestres is nie....dis goed vir besigheid, maar die afgelope paar maande is dinge anders. Ek voel dit. Ek beleef dit. Gelukkig is daar maniere om die proses om te draai. Dit gaan tyd neem, maar dit kan gedoen word.

Daardie groot woede en frustrasie onder die oppervlak moet net in bedwang gehou word.

Met die skryf van hierdie rubriek, was die Begrotingsrede nog nie gelewer nie, maar ek is bereid om ‘n bottel Chivas daarop te verwed die omdraai het begin.

Al is dit nog net woorde. Oom Pottie, en baie besoekers, verskil van my... hulle hou vol ons is verby die punt waar die land van anargie gered kan word. Ek sê nee ... indien elke individu wat saak maak, nie die flentergatte nie, hul kant bring, het ons ‘n “fighting chance”.

Daar is eintlik geen ander opsie nie. Soos oorle John Vorster gesê het … “The alternative is too ghastly to contemplate”.

Genoeg van die swartgalligheid: Hennie Bodenstein van Umtentweni vertel die tweede bedryf van die laerskool-toneelstuk is op die punt om te begin, maar Koos hardloop al knypende op soek na ‘n toilet. Almal sit reeds, maar Koos kan net nie ‘n toilet kry nie.

Gelukkig lei een van die deure wat hy oopmaak hom na ‘n baie donker vertrek waar hy ‘n fontein kan uitmaak . Aangesien daar niemand in sig is nie, verlig Koos hom sommer in die fontein.

Hy haas hom terug na sy sitplek en vra aan sy vrou: “Het ek iets gemis?” “Iets gemis?” sis sy vrou. “Jy was op die verhoog.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.