Wouter se Watergat

2016-03-17 06:00

ONS rugbygesprekke die afgelope week was heel rustig en lekker. Redes? Die Lions het verloor, met die gevolg dat julle weet wie baie stil was, en die Sharks het gewen, wat die meerderheid van ons nogal laat goed voel het. Nogal teen die Stormers, op Nuweland.

Maandag het ek ‘n goeie “baie na aan ware” storie by ‘n besoeker uit Bloemfontein, Martie van den Heever, gehoor. ’n Familielid van haar, Jan Versluys van Vrede, het ‘n goeie boerdery van sy pa geërf, hy en sy aanstaande vrou het onlangs na die bekende Oyster Box op Umhlanga vir hul wittebrood vertrek. Lorinda is ‘n mooi, oulike jong vrou, vol pret en plesier, en hy is baie lief vir haar, juis oor haar uitbundige en soms stuitige geaardheid.

By die hotel aangekom, teken hulle hulleself by die toonbank in die ingangsportaal in, en ‘n portier vergesel hulle na hul kamer op die tiende verdieping. Die portier help hulle met hul tasse die kamer in, en Jan, ‘n plaasseun in murg en been, verstaan nie mooi waarom die portier bly staan met sy hand uitgestrek, palm na bo nie.

Jan gee hom ‘n handdruk, maar wonder waarom die portier se gesig nog suurder word. Al is hy welgesteld, is Jan hy nie gewoond aan fênsie hotelle en sulke goed nie. Lorinda weer, giggel aanhoudend en senuweeagtig om dieselfde rede.

Die paartjie gaan die aand na die hotel-restaurant, seker een van die beste in die land. Voordat hulle in die hysbak klim, praat hy mooi met sy loskop Lorinda en vertel haar, erg besorgd, dat hulle nie mag verdwaal nie. Hy herinner haar hul kamer is op die negende verdieping, die derde deur van die hysbak af, aan die regterkant.

Na die ete, terug in die kamer, na ‘n hele paar glasies sjampanje, besluit Lorinda sy is lus vir die Lindt-sjokolade wat sy in die winkel op die grondvloer gesien het. Jan gaan die badkamer in om “uit te trek vir die nag”, en sy glip uit en gaan koop die sjokolade. Terug in die hysbak druk sy die knoppie vir die tiende verdieping, die hysbak skiet die lug in, en stop op die agtste verdieping om ‘n passasier op te laai.

Ingedagte en haastig om by hul kamer te kom, klim sy uit en loop vinnig na die derde kamer van die hysbak af, aan die regterkant. Die deur is oop, en toe sy die kamer binnegaan, staan dien sy haar man vooroor gebuk staan, met sy rug na die deur, besig om sy slaapbroek aan te trek. Lorinda is mos Lorinda, sy gee so ‘n skril gilletjie, steek haar hand van agter af deur sy bene en gryp sy manlikheid.

Verskrik swaai die man om, en daar staan die twee: Lorinda met ‘n asvaal-gesig en die man wat, ewe geskok, nogtans redelik vinnig herstel.

Hoe Lorinda uiteindelik na ‘n half-uur by haar regte kamer en die bekommerde Jan uitgekom het, kon sy nie onthou nie. Nadat sy hom stotterend die storie vertel het, het hulle onmiddellik opgepak en stilweg ‘n nuwe hotel gaan soek. ‘n Wittebroodbegin om te onthou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.