Wouter se Watergat

2016-04-14 06:00

VIR ‘n week was alles heel rustig hier in die Watergat … wanneer ek sê rustig bedoel ek nie dat ons nie besig was nie. Veral oor middagete het ons normaalweg rondgehardloop omdat vroulief se skaapnekbredie weer “op special” was saam met ‘n regte egte bier uit Namibië, vir net R30.

Rustig met geen ge-animeerde politieke gesprekke of SupeRugby-bespiegelings nie. Dit het ongelukkig net tot Saterdag gehou. Totdat die Lions alles kom bederf het.

Ek moet eerlikwaar verklaar ek het nie gedink die Sharks sou die Lions maklik wen nie, maar die manier waarop hulle daai span van my uit die pad gevee het was nie maklik om te verteer nie. Die Watergat was tjokkersvol Sharks-ondersteuners, en dit was gou duidelik hulle was nie vriende van die skeidsregter nie.

Ek moet sê, hy het die tuisspan by tye genadeloos gestraf. Ek kan nie hier herhaal wat gesê is nie, want kinders lees ook hierdie rubriek. Veral toe Oom Pottie ewe vol bravade verklaar het die Sharks moet hulle pak soos manne vat en nie soos die Blou Bulle van ouds die “ref” blameer nie. Toe was die spreekwoordelike gort gaar. Tot só ‘n mate dat ekself en Stefan Brink van Manaba Oom Pottie en ‘n Sharks-ondersteuner wat ‘n goeie klap van die wingerdstok weggehad het, uitmekaar moes hou.

Uiteindelik het ons wel vrede met die harde werklikheid gehad. Ten spyte van die skeidsregter, kan ons bly wees die Lions het nie verder gewen nie. Die Sharks was, behalwe vir die eerste vyf minute, nooit in die “game” nie. En daardie skrum van die Lions. Die arme Coenie Oosthuizen is voos gedruk, en selfs Beast het by tye effens skeef opgestaan en ‘n rukkie so geloop.

Later die aand, namate die voggies hul genesingswerk gedoen het, het die stories weer begin “vloei”. Die einste Stefan het vertel van die Oom wat met sy motor stilhou langs ‘n dogtertjie wat ná skool terugstap huis toe. “As jy inklim, sal ek jou ‘n suigstokkie gee.”

Die dogtertjie bly stil, en stap voort. “As jy inklim gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies.” Sy kyk stip voor haar, en stap met mening. “Wat van ‘n lekker boks sjokolade?”Die dogtertjie gaan staan, draai om en sê: “Oupa, ek het al hoeveel keer vir oupa gesê: “Ek ry nie in die f****n Tata nie.”

Pottie het vorendag gekom met ‘n storie wat ek voorheen gehoor het, maar wat nog steeds ‘n glimlag werd is. ‘n Pastoor druk Meraai drie keer onder die water. Na die derde keer verklaar hy: “Meraai, jy is nou gedoop en van vandag af ‘n nuwe skepsel … die ou ene is weg. Geen alkohol meer oor jou lippe nie.

“So van vandag af, is jy Maria.” Later kom Meraai, nou Maria, by die huis. Sy gaan reguit yskas toe en haal ‘n yskoue bottel wyn uit. Sy tap die wasbak vol water, druk die bottel drie keer onder die water en sê: “Djy is nou Oros.”

Rustig met geen ge-animeerde politieke gesprekke of SupeRugby-bespiegelings nie. Dit het ongelukkig net tot Saterdag gehou. Totdat die Lions alles kom bederf het

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Hip Cape Town bars to discover this summer
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.