Wouter se Watergat

2016-06-23 06:00

AI tog. Waarom het die Springbokke maar nie verlede week liewer verloor nie?

Daardie pyn en lyding sou baie meer hanteerbaar gewees het as die geteem van Oom Pottie elke dag oor die plaasvervanger-Goue Leeus wat kwansuis die ommekeer in die wedstryd veroorsaak het.

Ek moet erken, dit was ‘n merkwaardige laaste 20 minute, en die Leeumanne het ‘n groot verskil gemaak, maar hy hou vol indien die volle Leeuspan teen die Iere gespeel het, sou hulle met meer as 30 punte gewen het. Hoe redeneer jy met so iemand?

Dis net so moeilik as om iemand wat glo die 9/11-gebeure in New York was niks anders nie as ‘n komplot deur die Mossad en die CIA, se sienswyse te probeer verander. Of iemand wat glo die maanlanding het nooit plaasgevind nie. Of die aarde is plat.

Verder het daar nie veel in die Watergat gebeur wat noemenswaardig is nie, behalwe dat ons oor ‘n tydperk van vier dae besoek gehad het van seker so 30 KwaZulu-Natalse prokureurs wat ‘n konvensie van die provinsie se prokureursorde op Margate bygewoon het. Nodeloos om te sê, die manne het vorendag gekom met snaakse stories uit hulle beroep, en ek het Manie Hamman van Utrecht se bydrae gekies om hier oor te vertel.

Oupa en sy prokureur sit by Oupa se ouditeur. Die ouditeur wil weet waarom Oupa se geldsake so benard is. “Ek dobbel so bietjie,” erken Oupa. “Maar dan is dit geen wonder nie,” sê die prokureur, “g’n wonder jou geld het skielik soveel minder geword nie.”

“Aikona, ek wen altyd my geld terug, dis waarom ek my prokureur saamgebring het om jou te oortuig. Ek sal dit bewys,” antwoord Oupa. “Wat van ‘n demonstrasie?” Baie huiwerig stem die ouditeur in. “Ek wed jou vyf-duisend rand ek kan my eie oog byt.”

Die ouditeur besluit hy kan nie verloor nie. “Goed,” sê hy. Oupa haal sy glasoog uit en byt die oog. “Nou wed ek jou tien-duisend rand, ek kan my ander oog ook byt.”

Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, en aanvaar die weddenskap om sy geld terug te wen. Oupa haal sy valstande uit en “byt” sy ander oog. Die ouditeur is verstom.

“Wat van ‘n finale weddenskap van R20 000? Ek wed jou ek kan aan dié kant van jou lessenaar staan en in die snippermandjie piepie sonder om ‘n druppel tussenin te mors.”

Die ouditeur kyk die ou man so en besluit daar is geen manier waarop hy dit gaan regkry nie. Hy stem in. Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning, maar die straal kom nie oor die lessenaar nie. Die hele lessenaar is papnat.

Die ouditeur spring van blydskap oor sy groot wins, en Oupa se prokureur laat sal sy kop al kermend in sy hande. “Is alles reg?” vra die ouditeur. “Nee,” sê die prokureur. “Vanoggend het Oupa vir my gesê jy het hom gevra om in te kom vir ‘n oudit. Hy wed my toe vir R100 000 dat hy jou hele lessenaar sal nat piepie, en dat jy in die wolke sal wees daaroor.”

Waarom het die Springbokke maar nie verlede week liewer
verloor nie? Daardie pyn en lyding sou baie meer hanteerbaar
gewees het as die geteem van Oom Pottie elke dag oor die plaasvervanger-Goue Leeus wat kwansuis die ommekeer in die wedstryd veroorsaak het

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.