Wouter se Watergat

2016-07-07 06:00


SJOE, en hoe verlang ek nou terug Kruger-wildtuin toe! Pottie en ek het die naweek veilig teruggekeer ná ‘n wonderlike kampeerweek... soos die noodlot dit wou hê, was ons twee Saterdagmiddag teen vyf-uur tussen Warden en Harrismith op pad terug toe die wedstryd tussen die Lions en die Sharks begin het.

Hier sit ons twee in sy Toyota Cressida met sy ou Sanyo radio kliphard aan, Oom Pottie met ‘n glimlag op sy gesig soos ‘n jong seun wat sy eerste soen gekry het, kom ons noem dit maar so want die glimlag was net te breed, onderwyl die kommentator vertel hoe die Sharks verniel word. Dit het vir my gevoel my naels word een vir een uitgetrek.

Net voor Harrismith, dring Oom Pottie daarop aan dat ons stop en by een van die restaurante iets eet en rugby kyk. Ek het botweg geweier omdat dit reeds laat was, en hoewel my maag gegrom het totdat ons omstreeks nege-uur tuis was, was dit alles die moeite werd, veral toe ek Sondag ‘n opname (op my eie) sien en besef hoe erg dit was. Die Lions verdien alle lof, maar dit pynig my nogtans.

Iets heel anders wat ek net wil noem, later moontlik in meer besonderhede: wat gaan aan op ons paaie? Heen en weer na die wildtuin het ons mense gesien wat soos waansinniges bestuur. Ignoreer spoedbeperkings en wit lyne, stoptekens, “you name it’. Geen dissipline nie. Selfs in die wildtuin ry mense soos wafferse Schumachers. Wat gaan aan? Dalk ‘n voorbeeld van die gebrek aan dissipline op ander plekke in die land?

Die storie van die week kom van Wessel Pretorius, Afriforum Margate se voorsitter, wat Maandag hier ingeloer het: Die ou oom vertel vir iemand hoe lekker dit is om oud te wees.

“Is die lewe nog opwindend Oom?” vra die jong man. “Maar natuurlik, Boet. Vat nou maar Dinsdagoggend. Ek en my vrou gaan eet ontbyt en loop in die mall rond. Toe ek uitkom staan daar ‘n verkeersman ‘n boete en uitskryf.

Ek stap na hom toe en sê “is jy mal in jou kop? Hoe kan jy vir ‘n ou man ‘n boete uitskryf?”

Die verkeersman vererg hom en skryf sommer ook ‘n boete uit vir die “chip” in die voorruit. Ek skree op hom “is jy nou heeltemal besimpeld?” Toe skryf hy ‘n boete uit omdat die lisensie verval het. Ek skree weer “dis nou tipies wat mens van jou soort kan verwag! Jy gee nie eens om vir ander mense nie.”

Toe skryf hy ‘n boete uit vir bande wat te glad is, en teen hierdie tyd is hy rooiwarm kwaad vir my. Hy druk sy vinger teen my bors en sis deur sy tande: “En jy, meneer, is in elk geval te oud om te bestuur.”

En toe sê ek wel, daar stem ek met jou saam, op die presiese oomblik toe die bus kom en ek en my vrou inklim. Jy moes die verkeersman se gesig gesien het. Ek voel ook nie sleg vir die bestuurder van die motor nie, want agterop was ‘n “sticker” met die woorde: “I love Malema”.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.