Wouter se Watergat

2016-08-04 06:00


Ná verlede Saterdag se wedstryd op Emiratespark in Johannesburg het ons almal hier in die Watergat half-stomgeslaan gesit voordat die eensgesindheid oorgeborrel het: vanjaar se Goue Leeus is seker een van die beste Suid-Afrikaanse provinsiale spanne in die geskiedenis, en beslis die beste SA span wat sedert 1996 SupeRugby gespeel het. Selfs as ‘n jarelange Sharks-ondersteuner is dit vir my verbasend maklik om dit te verklaar, en wat die wedstryd hier gekyk het, was dit eens.

Ons het mekaar gevra waarom die Goue Leeus skielik almal se lieflinge is, en dit was maklik om die redes te identifiseer. Dis ‘n span wat drie jaar gelede ‘n relegasiewedstryd teen die Kings moes speel ná ‘n swak jaar of twee te midde van ‘n politieke gekonkel van onder meer Cheeky Watson. Hulle het nie borge gehad nie, en bitter min spelers met groot name.

Afrigters John Mitchell en Carlos Spencer het ‘n vlammetjie aangesteek, maar albei is gou weg nadat Mitchell en die spelers meningsverskille gehad het. Johan Ackerman, wat Mitchell se assistent was, het gebly, en die afrigter geword. Stadig maar seker het Kevin de Klerk en sy bestuurspan, later aangevul met Rudolph­ Straeuli, die gety begin draai. Swys Joubert het hom vroeër by Ackerman aangesluit, nuwe borge is moeilik maar stadig maar seker gekry, en uiteindelik is ‘n borgskap van die Emirates-lugredery bekom. Die unie kon sy jong spelers behou en enkele nuwe name koop. Die Leeus het ‘n soort rugby begin speel wat herinner aan dié van Nieu-Seeland, ‘n unieke samehorigheid is geskep, hulle het verlede jaar die Curriebeker gewen, en nou is hulle in die SupeRugby-eindstryd. Ek wil nie glo dat jy wedstryde wen indien jy bid dat dit moet gebeur nie, maar dis ook duidelik dat geloof ‘n groot rol speel in ‘n groot groep van die spelers se lewens.

Oom Pottie? Hy is nog steeds in die sewende hemel. Anders as vorige kere, soos wanneer die Leeus die Sharks kafgedraf het, was daar nie pyn in ons harte nie, en is hy alleen gelaat waar hy met ‘n hemelse glimlag na die TV gestaar het.

Glimlag van die week is Gerrie Pistorius van Hibberdene se stoute verhaaltjie van die jong getroude vrou wat aan haar man sê sy het goeie nuus. “Ek is ‘n maand laat, die dokter het dit bevestig en gevra ons moet eers stilbly tot op 14 weke want dinge kan nog verkeerd loop. Jy gaan pa word.”

So gesê so gedaan. Die volgende dag lui die egpaar se foon, en Eskom se skuldinvorderaar vra: “Is u mevrou Kriel? Besef u u is ‘n maand laat?” “Hoe weet jy dit?” stotter sy.

“Ons rekenaarstelsel bevestig dit,” verklaar die man. Die volgende dag storm Mnr Kriel by Eskom se kantoor in en bulder, “Hoe weet julle my vrou is ‘n maand laat?”

“Ons monitor hierdie dinge elektronies, al wat jy moet doen is betaal,” sê die klerk.

“As ek weier?”

“Dan sal ons geen opsie hê as om dit af te sny nie, meneer”.

“O donner, wat van my vrou?”

“Wel meneer, sy sal dan seker maar ‘n kers moet gebruik.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.