Wouter se Watergat

2016-08-11 06:00

DIE bekende en legendariese koerantredakteur Piet Cillié het eendag gesê een van sy lewensreëls is “om my rape eerste te eet.” As kind het gehaat, maar sy ma het gereeld rape bedien, want “dit was gesond”.

Ma was onverbiddellik, en die jonge Piet het besluit dan eet hy sy rape eerste, en geniet verder sy ete.

Dis presies wat ons in nou gaan doen - die Crusaders het hul oorwinning oor die Goue Leeus verdien. Nogtans geluk aan die Leeus wat Suid-Afrika groot plesier gegee het met die soort rugby wat hulle deurgaans gespeel het. Dit wat die rape betref. Nou vir die res van die maaltyd.

Jannie Bezuidenhout van Nelspruit (ek vergeet wat die plek se nuwe naam is) het my ‘n storie per e-pos gestuur. Vantevore gehoor, maar baie lank gelede.

Oom Fanie en Tant Ansie Badenhorst was plaasboere iewers in die noorde. Hul jaarlikse landbouskou sou afgesluit word met ‘n maskerbal. Tant Ansie besluit aanvanklik om nie te gaan nie, maar nadat sy vir Fanie ‘n sebrapak gemaak het, besluit sy om wel te gaan, en maak vir haar ook ‘n pak. Sy kon dus ‘n ogie oor Oom Fanie hou. Dit was reeds amper donker toe Tant Ansie, goed ge-parfuum en opgedollie in haar sebrapak, by die saal aankom.

Sy merk onmiddellik op dat die sebrahings al te lekker dans met ‘n vrou in ‘n kleefpak met ‘n lyf wat skrik vir niks. Die sebrahings se hande is nie altyd waar hulle moet wees nie, en Tant Ansie besluit om iets daaraan te doen. Sy gaan dans met die hings … binneboud en so sensueel as moontlik. Die Klipdrif loop soos water en mettertyd vertel die hings haar hy het oornagverblyf op die dorp en ‘n vol bottel in die yskas. Sy laat nie op haar wag nie, gaan saam met die hings soontoe, in die slaapkamer hou hulle net die kopstukke aan en doen wat hulle moet doen met oorgawe, selfs Khama Sutra-dinge waarvan hulle net gehoor het. Maar die maskers bly op.

Om middernag kom sy tot verhaal, sluip by die agterdeur uit met die sebrapak onder die arm, klim in die bakkie en ry terug plaas toe.

Die volgende oggend is sy babalaas, maar skaamkwaad en opgewerk oor haar man se ontrouheid.

Hy kom bleek en bewerig daar aan. “Met wie het jy gisteraand rondgeneuk?” vra sy. “Is jy laf?” antwoord hy, “ek het gister ‘n vleispastei by die skou geëet, siek geword en moes die dans mis. Ek wou jou nie pla nie, het my Sebrapak vir die jong Soon Kamfer gegee en op die dorp oornag. Vanoggend vertel hy my hy het die aand van sy lewe gehad saam met ‘n wulpse, gewillige merrie wat geen einde aan haar gehad het nie.”

Tant Ansie voel skoon siek. Later die dag het sy die Sebrapakke in die longdrop gaan gooi, en plegtig besluit nooit weer woon sy ‘n maskerbal by nie, en geen brandewyn sal ooit weer oor haar lippe gaan nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.