Wouter se Watergat

2016-09-22 06:00

WAT sê ‘n mens oor Springbokrugby? Daar is vele menings, maar waaroor almal blybaar saamstem, in die Watergat altans, is dat die eens trotse Springbok se siekte nou besig is om hom stadig maar seker dood te maak.

Lyk my kwotas is een van die redes vir die dier se siekte.

Dis iets wat nie vermy kan word nie, maar rugby-owerhede moet bloot erken dit verswak die span, en alles doen om rugby op laer vlakke onder alle bevolkingsgroepe te bevorder sodat kwotas in die toekoms nie meer nodig sal wees nie.

‘n Ander realiteit is die groot verskil tussen Super en Toetsrugby. Faf de Klerk en Elton Jantjies was loshande die beste skakelpaar van Suid-Afrikaanse spanne in die Supe-Rugbyreeks. Op toetsrugbyvlak is hulle nie skaduwees van wat hulle was nie. En die afrigter? Ek weet nie. Elke keer as ek na Nick Mallet of John Mitchell luister, moontlik Naas ook, besef ek hul tegniese (en praktiese) kennis van die spel is op ‘n heel ander vlak. Of hulle egter die huidige Springbokspan sal kan (of wil) afrig sonder om die rugbybase (en die span) kwaad te maak, is natuurlik ‘n ander vraag.

Die Cheetahs verdien om onoorwonne in die Curriebekerreeks te wees, en is presies in dieselfde posisie as die Goue Leeus verlede jaar.

Nêrens in die SupeRugbyreeks nie, maar met dieselfde span gaan hulle, soos die Leeus verlede jaar, heelwaarskynlik die Curriebeker wen.

Oom Pottie, kerm lankal reeds dat die Leeus met hul tweede en somtyds derde span moet speel weens afwesige Springbokke, beserings en buitelandse kontrakte. Mag so wees, maar dis hoe die koekie krummel, ook vir ander spanne, soos vroulief altyd sê.

Terloops, ek stem saam met Jake White. Hy kan nie verstaan waarom sommige wedstryde tussen sterk spanne op Woensdae en Donderdae gespeel word nie. Is die reeks nou so onbelangrik? Of dikteer TV-skedules wat ‘n reeds oorvol rugby-aanbod moet hanteer?

Ewenwel, ons glimlag van die week kom van Santa Weyers van Hibberdene wat die volgende eksamen-antwoorde per e-pos aan my gestuur het:

• Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het ‘n plan uitgewerk.

• Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon.

• Die Egiptenare was ‘n hoogs-gekulde volk en sonder hulle sou ons nie ‘n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in Egipte gehad. My ma sê hulle het mites gehad wat seker in die kombuis gewerk het.

• Demokrates was ‘n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood omdat hy ‘n verskriklike oordosis was of so iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

• In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol geswaai en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, want daar was niks anders om te jump nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.