Wouter se Watergat

2016-09-29 06:00

ONS het ‘n redelike stil week agter die rug, behalwe nou vir Erfenis-Braaidag verlede Saterdag, maar ons is wel gereed vir die toename van besoekers (hopelik) na die sluiting van die skole. Soos dit die afgelope tyd nou maar gebeur, was die oorgrote meerderheid punte van bespreking, behalwe natuurlik rugby, polities van aard.

Die saak wat die meeste emosie gaande gemaak het, is die klakkelose minagting van hof-uitsprake deur politici en staats-amptenare, of alternatiewelik, die alewige appélle wat hulle dan verloor en hul peperduur regsverteenwoordigers noodwendig met belastingbetalersgeld betaal. Die beste voorbeeld is seker daardie geeloog-wonder van die SABC, ene Hlaudi Motsoeneng. Hy is myns insiens die beste voorbeeld van ‘n psigopaat en magbehepte nar in een mens. Hy leef totaal in sy eie wêreld en maak en breek soos hy wil. Ten spyte van die Openbare Beskermer se bevinding dat hy onmiddellik afgedank moet word en ‘n soortgelyke hofbeslissing, gaan hy rustig voort om van daardie eens trotse organisasie ‘n grap te maak.

Hier in die Watergat was die groot vraag: hoe is dit moontlik dat so-iets in ‘n land soos Suid-Afrika toegelaat kan word? Ongelukkig was die antwoord voor die hand-liggend: dis seker die beste voorbeeld van hoe sterk en wyd Nommer Een se patronaatskap is. Onse Hlaudi word deur sowel die betrokke minister as die SABC-raad beskerm want hulle is almal in Nommer Een se net. Besoeker Manie van Wyk van Amamzimtoti se mening was ons moet ons nie nou te veel opwerk nie. Alles sal die frustrasie werd gewees het wanneer Nommer Een se politieke einde aanbreek, en die hele spulletjie in duie stort, met Hlaudi heel onder in die politieke rommel.

Ewenwel, kom ons praat rugby. Oom Pottie is terug uit Johannesburg, en in ‘n baie beter bui as toe hy vertrek het.

Hy het by sy geliefde Ellispark ‘n draai gemaak, en ‘weer gaan staan op die plek waar ek Mannetjies Gericke by die hoekvlag uitgeduik om Simmer en Jack die ligabeker te laat wen. Lekker. Ek mis net die ou Quins-bakkerygebou langs die veld.

Ná die Lions se weghol-oorwinning oor die Kings in Port Elizabeth verlede naweek is Pottie weer rammetjie-uitnek. “Al wat ons nou moet doen, is om die Sharks Saterdag op Ellispark te klop, en ons is in die uitspeel-ronde.” Ongelukkig is hy reg, en indien dit gebeur, sal dit die tweede jaar na mekaar wees dat die Sharks nie in die laaste vier is nie. ‘n Moontlikheid waaraan ons hier nie eens wil dink nie.

Oom Hansie Breytenbach van Manaba se loopdop nou die aand het gepaard gegaan met ‘n “loopstorie”: “n Dokter ondersoek ‘n pasiënt met ‘n baie slegte rokersghoes en ooglopende tekens van te veel drank. “Hoe-veel sigarette rook jy per dag?” Die pasiënt antwoord: “So veertig per dag, dokter”. Dokter: “Probeer 80 per dag rook.” Pasiënt, verbaas: “Seker, dokter, maar hoe so?” “Ek hoop een van jou longe val plat en maak meer plek vir jou lewer.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.