Wouter se Watergat

2016-10-06 06:00

WAT kan ‘n Sharks-ondersteuner nou sê? Behalwe ons gaan aanstaande jaar weer probeer? Ons het tot so vyf minute van die tweede helfte teen die Lions al begin feesvier, en Oom Pottie het deur sy vingers na die TV gekyk onderwyl hy snaakse geluide gemaak het. Helaas, toe die manne van Johannesburg egter ‘n sesde rugbyrat ontdek, was dit Pottie wat begin feesvier en ons wat die snaakse geluide gemaak het. Ai tog.

Gelukkig was daar ‘n hele paar besoekers van elders in die Watergat wat ons kon opbeur met stories en staaltjies. Een van hulle was Pieter Jenkins van Phalaborwa wat ons ‘n liegstorie vertel het wat hy iewers raakgelees het.
Dit handel oor ‘n boer wat te perd beeste in die veld gaan tel. Hy kom af op ‘n mamba wat voor hom in die son lê en bak. Die perd skrik groot, staan op sy agterpote en die boer, kom ons noem hom Pieter, val dat hy so hik. Die slang kyk stip na hom en begin beweeg. Vinnig pluk Pieter sy vuurwapen uit en rig dit op die slang. Groot is sy verbasing toe die slang met hom praat.
Die slang vra Pieter om hom nie dood te skiet nie, en hy sal Pieter drie wense gee indien hy sy vuurwapen bêre. Amper stom van verbasing, besluit Pieter om die slang ‘n kans te gee. “Goed, maar ek skiet jou onmiddellik vrek as jy my wil verkul. Gee my ‘n nuwe saal vir my perd.” Die saal verander dadelik in ‘n nuwe. Pieter se oë rek.
“Wat van ‘n nuwe vuurwapen? Hierdie rewolwer is al baie oud.” Skielik is daar ‘n Dirty Harry-magnum in sy hand. “Hoe lyk dit met ‘n miljoen rand?” Toe hy weer sien, lê die pak note voor hom. Hy spaar die slang se lewe, en ry vinnig terug huis toe om te vertel wat met hom gebeur het.

Sy familie het hom moeilik geglo, maar hy het die bewyse by hom gehad. Dieselfde middag kom sy neef Vaatjie kuier, en Pieter vertel hom die storie. Vaatjie gryp onmiddellik sy haelgeweer, en vra Pieter of hy sy perd kan leen. So gesê so gedaan. Vaatjie kry die slang presies waar Pieter hom beduie het. Hy rig sy geweer op die slang, die slang vra hom om hom te spaar, en Vaatjie kry sy drie wense.
“Ek wil ‘n nuwe pak klere en ‘n nuwe hoed hê.” Hy kry dit. “Hoe lyk dit met ‘n lyf soos Arnold Schwarzenegger in sy jong dae?” Hy voel hoe sy klere skeur soos sy lyf groei.
“Okay, nou vir die belangrikste wens. Ek wil so goed bedeel wees soos hierdie perd.” Vaatjie kan voel hoe hy verander, daar waar niemand kan sien nie.

Terug by die huis kyk almal hom groot-oog aan. Hy glimlag breed, en neem van die jong manne na die agterkant van die huis, knoop sy broek oop en sê “kyk net hier”. Die jong manne gaap van verbasing. Vaatjie kyk self af en val onmiddellik flou neer. Hy het vergeet sy neef se perd is ‘n merrie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.