Wouter se Watergat

2017-01-12 06:01

HIER is ons nou reeds twee weke die nuwe jaar 2017 in, en, soos telkens in die verlede, het ek soveel voornemens gehad. Van die eerste dag van die jaar af sou ek alles probeer om ‘n paar kilo’s af te skud. Ek wou ook meer oefening kry. Meer tyd vir ontspanning inruim en my minder oor my bankbalans bekommer. My minder deur politici wat die land deur hul agterente trek, laat ontstel. Of minder bekommerd wees oor die toestand van Suid-Afrikaanse rugby. En die omstandighede gelate aanvaar wanneer ons water by die huis of hier in die Watergat twee dae lank opdroog weens sabotasie, swak beplanning of watookal. Maar puur verniet. Niks het gebeur nie. Soos in die verlede. Status quo, soos die Romeine gesê het.

Die enigste ligpunt in my lewe op die oomblik is naastenby dieselfde hoeveelheid mense het ons vanjaar besoek as verlede jaar, en die omset vir Desember is meer as dié van verlede jaar. Die meeste ander sakemanne aan die kus met wie ek gepraat het, was maar swaarmoedig want hier was minder besoekers as vorige jare, en van hulle het vroeër huis toe gegaan toe die waterkrisis ons tref.

Ons het begrip daarvoor dat Ugu alles moontlik gedoen het om die probleem op te los, en dat baie van die oorsake van die onderbrekings buite hul beheer was, maar die onaangename werklikheid is indien iets nie baie vinnig gedoen word nie, gaan ons almal hier geldelik doodbloei. Die munisipaliteite inkluis.

Iets wat my weer mateloos die duiwel in gemaak het, en dit was ‘n groot besprekingspunt onder Gautengse besoekers hier in die Watergat, was die totale selfsugtigheid van die “klapperbrigade” wat weer ‘n middelvinger aan hul medemens en hul diere gewys en van vroeg af op Oujaarsaand tot twee-uur Nuwejaarsoggend klappers laat ontplof het. Eintlik mini-bomme. Hier moet ‘n mens nou versigtig wees want jy word sommer van rassisme aangekla indien jy oor klappers kla. Hierdie klagte het niks met Diwali te doen nie, maar dit bly ‘n feit dat ‘n sekere bevolkingsgroep en klappers groot maats is. En dat hulle met mekaar meeding om die meeste (en duurste) geraas te maak. Dis tyd dat ons, soos die Dierebeskermingsvereniging in Ekurhuleni, hofbevele kry om hierdie euwel te stop.

Ons storie van die week kom van Sanet van Tonder, ‘n onderwyseres van Standerton en haar man Nico wat gereeld hier kom eet het. Die onderwyser lyk kwaad toe hy vra: “Jannie, sê nou dadelik vir my, was dit jy wat gister in my appelboom geklim het om appels te steel?” Jannie: “Meneer ek kan nie lekker hoor hier in die agterste ry nie.”

Die onnie antwoord sarkasties: “Nou maar goed. Laat ons ‘n bietjie sien. Kom sit hier voor op my stoel, Dan sal ek op jou plek in die agterste ry kom sit en dan kan jy vir my iets vra.”

Hulle ruil plekke en Jannie doen wat die onnie gesê het. Jannie: “Meneer, wie het gisteraand by my ma geslaap terwyl my pa nagskof gewerk het?” Onnie: “My jinne, ou Jannie jy is reg. Hier agter kan ‘n mens glad niks hoor nie ...”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.