Wouter se Watergat

2017-01-19 06:01

DIT was maar ‘n redelike oninteressante week hier in die Watergat. Dit was inderwaarheid die stilte na die storm van die vakansieseisoen, en ons het die tyd gebruik om ons gasstowe en yskaste laat versien. Gelukkig is Oom Pottie nogal ‘n “Jack of all Trades” en hy het ons heelwat geld bespaar.

Daar is ‘n belangrike rede waarom ek bly is dat hy van die werk vir ons kan doen. As daar nou een ding is wat hier aan die Suidkus op my melkkliere werk is dit die gebrek aan professionele en bekostigbare diens wanneer herstelwerk aan implemente nodig is. Sodra die verskaffer wat jy kan vertrou en oor die jare ondersteun het, om die een of ander rede nie beskikbaar is nie, sit jy met jou vinger in jou oor.

Nou bel jy ‘n nommer wat jy in ‘n advertensie gesien het. Die ou klink heel goed, hy onderneem om die volgende dag daar te wees, die volgende dag kom, en geen sien van die blikkantien nie. Jy bel hom weer, hy gee jou ‘n flou verskoning, gewoonlik dat hy baie besig is, en daag uiteindelik ‘n dag of twee later op. Of hy daag nie op nie, en jy kyk na die volgende advertensie.

Hier is betroubare diensverskaffers op die Suidkus wat goeie diens lewer teen billike koste. Ongelukkig is hier ook ‘n klomp wat jou sonder om te blik of te bloos sal verneuk en swak diens lewer, van tuindienste af tot herstelwerk aan jou motor. “No names no pack drill,” maar hier in die Watergat praat ons “locals” onder mekaar, en ons identifiseer die vrot appels gereeld. Ons weet wie julle is. Ewenwel, verlede Maandagmiddag het ‘n groep sakemanne van Kaapstad wat op ‘n weeklange “gholf-safari” in KZN is, hier kom eet. Kon nie uitgepraat raak oor vroulief se spesiale beesstert-gereg (teen slegs R60 per kop) nie, en het ons ná ‘n paar van Namibië se beste uitvoerprodukte vergas op regte-egte Kaapse humor. Van die stories, sommiges nie hier herhaalbaar nie, het ons gemoed goed gedoen:

• Gatiep staan in Tygervallei op ‘n stoep en ‘n Gautenger loop verby. Gautenger: Wat’s die vinnigste namier om by die Waterfront te kom? Gatiep: Ry djy of loep djy? Gautenger: Ek ry. Gatiep: Daai’s die vinnigste manier.

• Meraai gaan vir ‘n werks-onderhoud. Beampte: Het jy getik op skool? Meraai: Nei meneer, ons het net papsak gedrink en dagga gerook daai jare.

• Gatiep aan priester: Waarom dra djy djou hemp agterstevoor? Priester: Omdat ek ‘n vader is. Gatiep: Maar ek is ook ‘n vader en dra nie my hemp so nie. Priester: Ja, maar ek is ‘n vader van duisende. Gatiep: Miskien moet djy djou broek agterstevoor aantrek.

• Meraai: Gatiep, moet djy nie dink dat djy by die hemel se poorte sal ingaan as djou asem so na drank stink nie.

• Gatiep: Daa’s ‘n technical point van hemel toe gaan wat djy nie wiet nie. My asem gaan nie saam nie, ek blaas hom mos hier uit.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.