Wouter se Watergat

2017-02-16 06:02

HIER in die Watergat kon ons nie uitgepraat raak oor die tonele in die Parlement voor die “Staatsrede” van ons giggelende president nie. Oor die ongelooflike onvermoë van die voorsittende beamptes om orde te handhaaf, die totale gebrek aan respek vir die instelling deur veral die EFF, die oor-en-weer geskel op mekaar en die duidelik-hoorbare gebruik van die f-woord, en die nare beeld wat die geweld vir die land en die buitewêreld uitdra.

Toe die president aan die woord kom, nadat hy alles stilswyend gadegeslaan het, sprak hy geen sprook daaroor nie. Asof dit alles maar normaal is, en asof hy absoluut niks daarmee te doen gehad het nie. Ek huiwer om te vra. Is hy ‘n psigopaat? Absoluut verstommend.

Ewenwel, voor die verrigtinge binne-in die Parlementsgebou, het ons die militêre optredes in die strate bekyk. Een van ons besoekers het gevra of ons agtergekom het hoe oorgewig ons mense in uniform is, veral die polisiemense.

Toe ons hulle met meer aandag bekyk, het ons gesukkel om selfs ‘n paar te identifiseer wat so fiks lyk soos die soldate van oorsese lande wat ons gereeld in TV-berigte sien. Hoe pas ons mense in standaard-uniforms? Of is hul klere “custom made?”

Raai wat? Tydens die chaos in die Parlement, tref dieselfde waarneming ons. Die oorgrote meerderheid van ons parlementslede is oorgewig. Selfs die veiligheidswagte wat die uitsmytwerk gedoen het. “Wragtag”, was Oom Pottie se kommentaar, “tagtig persent van die lot is vet! Veral die vroue!” Ons het probeer om Pottie se “maer” twintig persent te identifiseer .

Dit was moeilik, maar daar is wel ‘n groep van hulle wat hul klere van die rak af sal kan koop.

“Kan jy jou voorstel hoeveel geld maak die kleremakers in Kaapstad en Pretoria uit hierdie lot?”, was nog ‘n besoeker se kommentaar, “en die verkopers van vroueklere? Kyk hoe lyk madame Speaker. Daardie nommertjie kos ‘n plaas se prys.”

By ons was ‘n joernalis wat gereeld funksies van die plaaslike munisipaliteit bywoon. Ons sal sy naam verswyg weens ooglopende redes. “Julle kêrels moet sien hoeveel eet van ons raadslede en munisipale amptenare. Wanneer hulle opskep, skep hulle op.

Borde is te swaar om met een hand te dra. Selfs koekies tydens teetyd word so vyf op ‘n slag opgetel.” Hy het ons egter verseker daar is wel van hulle wat dit nie doen nie en glad nie oorgewig is nie, hoewel by verre in die minderheid.

Die volgende aand ons toevallig vir die eerste keer in jare na die sepie Sewende Laan. Wat sien ons?

Bekende karakters wat so vet geword het hulle lyk soos Jojo-watertenks. Is ons reeds ‘n totale oorgewignasie?

As ek in die strate en in winkels romdom my, en na myself kyk, is die antwoord “ja.”

Ons loopstorie kom van John van Wyk van Johannesburg: Man aan sy vriend: “Ek ry nooit met my salarisstrokie in my motor rond nie. Indien ek dalk in ‘n motor-ongeluk omkom, sal hulle dink dis selfmoord en my versekering sal nie uitbetaal nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Hip Cape Town bars to discover this summer
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.