Wouter se Watergat

2017-07-13 06:02

DAAR laat ek my toe verlede week deur Oom Pottie ompraat om saam met hom Johannesburg toe te ry, in sy rooi Toyota Cressida natuurlik, dies. Sy dogter het vir ons kaartjies in ‘n losie gekry, en ons het gaan kyk hoe vaar die Lions teen die Sun Wolves. Omdat ek meer as twintig jaar gelede self op Ellispark was, het ek besluit, watwou, ek gaan saam.

Ek het teruggekom met blywende indrukke. Eerstens, ‘n span soos die Wolves hoort nie in die Superrugby-kompetisie nie. Soos almal gesien het, het die manne van Johannesburg maalvleis van hulle gemaak. Soos baie televisiekykers ongetwyfeld ook, het die toeskouers hulle naderhand begin jammer kry, want sowat van ‘n slagting is lanklaas gesien.

Ek wonder hoe het Willie Brits, die “mascot” van die Leeus enkele jare gelede met sy eie maanhare, om so deur sy eertydse span verniel te word. Hulle het die Sharks dalk ‘n guns bewys, want die Lions kan dalk oorgerus wees voor hul kragmeting op die 15e. Op Kingspark gaan dit ‘n ander storie wees. Hopelik.

Nog ‘n indruk is dat hierdie Lions-span, en ons was naby aan hulle toe hulle by die stadion aankom, ‘n besonderse verhouding met mekaar het. Dis aanvoelbaar, en waarneembaar.

Hul ondersteuners, veral jong kinders, swart en wit, kan nie wag om met hulle kontak te maak en te praat nie. Na die wedstryd het die spelers amper 45 minute in ‘n spesiaal-afgekampte vierkant handtekeninge uitgedeel en gesels met ‘n horde mense wat net naby hulle wou kom.

‘n Derde indruk is dat die bemarking van hierdie unie ongelooflik verbeter het. Die biertent, die saam kuier op ‘n spesiale plek voor en na die wedstryd, gehalte (maar baie duur) klere en artikels met die Lions-embleem in die stadionwinkel, dra alles by tot ‘n heeltemal nuwe benadering teenoor die situasie voordat Kevin de Klerk en later Rudolph Streauli betrokke geraak het. Hoe die span gaan vaar sonder Johan Ackerman, sal nog gesien moet word. Maar daar is spelers met ongelooflike talent in die span.

‘n Vierde indruk is iets wat sekerlik ook op ander groot stadions ook in losies en by gasvryheids-gebiede gebeur. Die manne, en selfs die vroue, drink kwaai. Na die einde van die wedstryd, kuier hulle eers “om te wag dat die verkeer verminder”.

Pottie en ek het van hulle gesien na hul motors toe loop met ooglopend te veel drank in hul lywe. Ek wonder hoeveel mense bestuur terug van rugbywedstryde af, nie bloot effens oor die alkoholgrens nie, maar behoorlik dronk.

Kyk, as daar nou een waarheid in ons land is, is dit dat rugbykykers, of by die velde of by watergate, drink. Vra my. Dieselfde gebeur by die Watergat. Niemand neem hulle huis toe nie, hulle bestuur self. Pottie het hom vrek gelag vir wat ek beskou as ‘n ou grappie en aan ons deur iemand in die losie vertel is. ‘n Rugbyspeler kom by die hemelpoorte aan en Petrus vra hom of hy iets besonders in sy lewe gedoen het.

“Ja”, vertel hy, “ek het Eben Etsebeth reg van voor af getêkkel toe hy op vol spoed was.”

“Rêrig?” antwoord Petrus, “en wanneer was dit?” “O, so vyf minute gelede, antwoord die speler.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.