Wouter se Watergat

2017-11-09 06:00

DIE lewe is darem ‘n “harde” plek. Net wanneer ‘n mens dink jy is op ‘n sekere tyd op ‘n sekere plek op ‘n sekere dag heel tevrede met jou lot, met die minimum bekommernisse, kom die noodlot en foeter alles op. Wie sou met sekerheid kon voorspel die WP sou die Sharks se tjank die tweede keer in twee weke aftrap?

Hoewel die Sharks se skrum baie swaar gekry het, het ons ons voor rustyd reeds begin voorberei op die blydskap wanneer hulle die Curriebeker die eerste keer sedert 2013 terugbring Durban toe. Met vol afwagting het ons gesit en kyk toe Jaco Pyper se fluitjie vir die begin van die tweede helfte aankondig. En wat gebeur toe? Die spreekwoordelike wiele val van die tuisspan se karretjie af soos wanneer ‘n oorgewig ma per abuis op haar seun se Lego-skepping gaan sit.

‘n Ernstige besering aan Jean-Luc du Preez, twee fatale swak lakpogings deur Curwin Bosch, skitterende spel deur onder meer Robert du Preez jnr., ‘n geel kaart vir Daniel du Preez in die laaste tien minute, geen punte vir die Sharks in die tweede helfte nie, en daar het jy dit. ‘n Klassieke rugby-tragedie vir Kingspark.

Giel Barnard van Hibberdene het dit goed opgesom: “Ek voel soos ‘n vrou wat tot op drie maande gedink het sy verwag ‘n tweeling, en toe moes uitvind sy’s bloot net oorgewig.”

Op die dag se spel het die WP verdien om te wen. Daardie jong vasskop Wilco Louw gaan nog lank vir Suid-Afrika speel. Teen die tyd hierdie rubriek gepubliseer is, sal die Springbokspan bekend wees, maar tensy Toetie met sy hande voor sy oë gesit en kyk het, kan ek nie sien hoe Bosch die span sal haal nie.

Oom Pottie het die hele seisoen lank reeds ‘n refrein gehad: “Daardie laaitie gaan die Sharks groot wedstryde kos want die teenstanders hardloop bo-oor of om hom. Elton Jantjies kan alles doen wat hy doen, en têkkel ook.” Ewenwel. Water onder die brug. Sal net baie graag wil weet wat pa Robert en sy drie seuns vir mekaar na die wedstryd te sê gehad het. En Robert aan sy span in die kleedkamer.

Ons loopstorie (van Septimus Badenhorst van Roodepoort wat hier kuier) is nie nuut nie, maar hopelik het genoeg lesers hom nog nie gehoor nie: Aspoestertjie is 95 jaar oud.

Na ‘n vol lewe saam met haar prins sit sy tevrede op haar stoel op die stoep en bekyk die wêreld so oor die rand van haar teekoppie. Op haar skoot lê haar kat Tom. Hy is al vir amper 15 jaar haar enigste geselskap.

Uit die niet verskyn die goeie fee weer en vertel haar sy was so voorbeeldig, sy kan weer drie wense kry.

“Rêrig? My Sassa-toelaag is maar min ... ek wens ek is ryk.” Oombliklik verander die stoel waarop sy al soveel jare sit in suiwer goud.

“Jou tweede wens?” vra die goeie fee. Aspoestertjie kyk so af na haar oumenslyf. “Ek wens ek is weer jonk en mooi.”

Poef, ‘n rookwolk, sy is beeldskoon en sy voel weer roerings in haar lyf wat lankal al oorlede was. “Jou laaste wens?”

Aspoestertjie kyk daar na die hoek waar die vreesbevange kat probeer wegkruip.

“Tom ken my al baie goed en hy was vir baie jare na die prins se dood my getroue metgesel. Ek wil hê hy moet in ‘n aantreklike jong man verander.”

Skielik verander Tom voor haar oë in die aantreklikste man wat sy ooit gesien het. Soos ‘n weerligstraal verdwyn die goeie fee en die tweetjies is alleen op die stoep.

Vir ‘n paar oomblikke kyk hulle in mekaar se oë en Tom stap nader en neem haar in sy sterk arms.

Hy soen haar saggies op die wang en blaas haar hare saggies weg van haar oor af en fluister met ‘n warm asem: “Jy is seker spyt jy het my laat regmaak nê?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

5 scientific benefits of owning a cat

According to science, just the act of watching cats itself can bring about positive emotions – so it comes as no surprise then, that owning a cat has a number of benefits.

 

Paws

Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
This special pooch inspired his brother to learn to stand again
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.