Wouter se Watergat

2017-11-23 06:01

DIS nou amper ‘n week na die Springbokke se nederlaag teen Ierland, en nog steeds kan ons besoekers nie ophou praat daaroor nie. Soveel menings het ek lanklaas oor een saak gehoor. Met die skryf van hierdie rubriek was daar reeds bespiegeling in die koerante oor wanneer Alistair Coetzee afgedank gaan word nie.

Tensy die Springbokke dramaties verbeter op in die laaste drie wedstryde van hul toer, dink ek Toetie is, soos die Mafia sê, “dead meat.”

Ek was nog altyd een van die mense wat hom verdedig het wanneer die bewering gemaak is dat hy die pos gekry het omdat hy nie blank is nie, en dat sy keuses darem te ooglopend daarop gemik is om kleur in die span te hê. Veral Kleurlinge. Teen die agtergrond van die politieke werklikhede in die land besef ek dis verkieslik dat die afrigter nie blank is nie, mits hy weet wat hy doen.

Tweedens, ons moet aanvaar ‘n groot komponent van die span moet uit spelers bestaan wat nie wit is nie. Dis ‘n gegewe. Help nie om daaroor gal te braak soos baie mense hier nie. Ons moet ook desnoods aanvaar dat daar in sekere posisies blanke spelers is wat beter is as huidige Springbokke.

‘n Goeie voorbeeld is Rohan Janse van Rensburg pleks van Damian de Allende. Wat laasgenoemde nog daar doen, weet nugter. Hy is nie ‘n skadu van die speler van ouds nie. Indien hy speel soos voorheen, kan sy keuse geregverdig word. Daar is ook ander spelers, sowel nie-wit as wit, wat nie die mas opkom nie. Elton Jantjies, Ross Cronje, Courtnall Skosan, Andries Coetzee ... toevallig almal Lions, het verlede Saterdag swak gespeel, en van hulle is wit. Tog het hulle hope talent. Oom Pottie wil die horries kry as ek dit noem, en verskeie besoekers het hom daaroor getreiter, nie omdat hulle Sharks ondersteuners is nie, maar omdat almal dit kon sien.
Selfs Malcolm Marx, ‘n yster in eie reg, was maar so-so. Wat het van die span geword wat die All Blacks onlangs harde bene laat kou het?

Ek stem saam met Gertjie Badenhorst van Johannesburg, ‘n groot Lions-ondersteuner wat die wedstryd hier gekyk het, dat ‘n groot deel van die probleem by afrigter Coetzee lê. Dis asof hy nie ‘n herkenbare stempel op die span afdruk nie.

Soos Gertjie uitgewys het - waarom is daar doellose skoppe wedstryd na wedstryd, en swak dissipline indien die afrigter (en sy span deskundiges) hulle sout werd is? Dus: die Watergat se oplossing is: raak ontslae van Alistair - ons voel jammer vir hom, want hy is ‘n aangename, opregte mens. Maar sulke mense wen nie oorloë nie. Stel ‘n ander aftrigter aan, al is hy wit, en kies die regte kombinasie spelers om die kleurbalans reg te hou. Die primêre vereiste is: kry net die beste kundigheid in jou afrigtingspan. Soos die Lions gehad het. Dan kan van jou spelers selfs hier en daar onder standaard wees. Goeie afrigting neem hulle na ‘n ander vlak.

Ons storie van die week kom van Stef de Klerk, ‘n motorfietsman van Pumula.

Jannie sit een oggend op die sypaadjie met ‘n bottel swembadsuur, besig om dit oor die miere uit te gooi. ‘n Engelse priester loop verby, kyk die storie so, en vra: “Good morning, young man. What are you doing with that little bottle?”

“Ek brand die miere, oom.”

Die priester dink dat dit ‘n bietjie gevaarlik is vir die laaitie om met sulke soort suur te speel en probeer dink aan ‘n manier om Jannie sy planne te laat vaar.

“I have a bottle of holy water here that you could put on the ants instead.

I once put a drop of this on a woman’s belly and she passed a child.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.