Wouter se Watergat

2017-12-21 06:01

DIE afgelope week was doodnormaal vir ‘n eerste week in Desember, behalwe dat daar heelwat minder besoekers hier ingeloer het as vorige jare.

Die enigste opwinding was toe Oom Pottie verlede Maandag laat weet het hy voel nie wel nie, en sal eers die volgende dag inkom. Toe hy Dinsdag bel en sê hy sien ons eers Woensdag, het ek gewonder wat verkeerd is. Hy maak toe wel Woensdag sy opwagting, en het nie goed gelyk nie.

Verbande om sy nek en deel van sy gesig. “En nou?” was my eerste woorde. “Vra jy nog. Dis seker die gevaarlikste groente in die wêreld,” kom die antwoord. “Waarvan praat jy, Pottie? Dis lemoenpampoentjies se skuld. Die blêrrie goed!”

Toe weet ek presies wat gebeur het. ‘n Tante van my het ‘n week in die hospitaal deurgebring en amper die sig in haar een oog verloor as gevolg van lemoenpampoentjies.

“Ek het twee in water gesit en laat kook. Dalk word ek oud, maar ek het vergeet om gaatjies in die twee se skille te maak, soos gewoonlik.

Toe ek ‘n half-uur later die pot se deksel oplig om te kyk wat aangaan, presies op daardie oomblik, is daar ‘n harde slag, ek sien ek net geel en my gesig brand soos vuur.” Gelukkig het net een van die pampoenjies ontplof, en “pampoenskrapnel” het hom in die nek en gesig getref. ‘n Dokter het die brandwonde verbind en die nodige salf verskaf. Ai, tog.

Die storie van die week kom van Oom Sarel Bester, ‘n 83-jarige besoeker van Villiers: Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel, en hy kyk na sy klein papbordjie.

“Wie’t my pappies geëet?” vra hy in ‘n huilerige stemmetjie. Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot papbord, en ook die is leeg.

“Wie de duiwel het my pap geëet vra hy in ‘n bulderende stem.

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer. Haar gesig lyk soos ‘n hoëveldse donderstorm.

“Genugtig, hoeveel keer moet ek met julle idiote deur hierdie proses gaan?”

“Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het. Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.

Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het. Dit was Mammabeer wat die skottelgoedwasser na gisteraand skoongemaak en alles weggepak het.

Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal. Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het. Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.

Dit was Mammabeer wat die kat en die pappegaai kos gegee en versorg het. En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand.”

“En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister en goed luister, want ek gaan dit nie weer sê nie: “Ek het nog nie die f*%@$n pap gemaaak nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.