wouter se watergat

2018-02-15 06:00

ONS het die afgelope week besluit om vir een dag geen politiek te praat nie, niks te sê oor enige sportsoort of aktiwiteit nie, net te konsentreer op goeie stories, en wat ek bestempel as “goedvoel”-onderwerpe. Wanneer ons klante Woensdag verlede week kom sit het, het ons hulle gevra om, wanneer hulle met Oom Pottie of my praat, niks oor politiek of sport te sê nie. Wat hulle vir mekaar wou vertel, was hulle saak. Ons verduideliking aan hulle was dat Pottie en ek siek en sat is van elke dag se gekla oor die politiek van die land, en sportsake soos die toestand van ons rugby of die Proteas se treurmare, en wou graag ‘n dag se sielevrede ervaar.

Van ons “regulars” het ons snaaks aangekyk asof ons iets makeer, maar aan ons versoek voldoen. Die oggend en vroegmiddag het ons bedien, rondbeweeg en oor koeitjies en kalfies gesels. Hier teen die aand se kant het ‘n egpaar uit Johannesburg, albei geneeshere, van vroulief se Maleier-breyani kom eet. Hulle het hulself voorgestel as Johann en Estelle Hörnemann, en toe Johann oor Toetie Coetzee se stryd met die Rugbyraad wou praat, het Pottie hom oor ons besluit van die dag ingelig.

Toe hulle borde kos uit die kombuis kom en ek dit voor hulle neersit, het Johann opgemerk ons besluit het hom aan die dink gesit, en hy wil ons vertel van ‘n ervaring van hom en Estelle in ‘n restaurant in Derdelaan, Melville. Dis een van daardie moderne, besige jappie-plekke met meesal studente en middeljarige mense as klante. Hulle het vroegaand daar gaan eet, en was reeds ‘n rukkie daar toe ‘n seun en sy erg bejaarde pa by ‘n sytafel teen die muur gaan gaan sit. Die pa was kwaai verswak, bril half skeef op die gesig, en terwyl hy sukkel-sukkel geëet het, soms met die hulp van sy seun, het van die kos op sy hemp en broek en selfs die grond geval. Die seun het dit bloot opgetel asof niks gebeur het nie.

Na ‘n ruk het van die jonger mense in die restaurant ongemaklik begin word, onder mekaar gepraat, en Johann het gehoor van hulle kon nie verstaan hoe ‘n seun sy bejaarde pa na ‘n restaurant soos daardie kon neem nie, al was die twee buite die sig van baie en eenkant. Die seun was deurentyd heel kalm, het mooi met sy pa gepraat, en hy het sy seun ewe vriendelik en ooglopend verstaanbaar geantwoord. Hulle het in ‘n stadium baie lekker gesels, en die seun het hom nie aan died ander eters gesteur nie. Pa en seun het net een dis bestel en was redelik gou klaar, waarna die seun sy pa stadig na die toilet-waskamer begelei het. Toe hulle terugkom, was dit duidelik dat die seun die stukkies kos op sy pa se klere verwyder en die vlekke afgewas het. Alles was mooi skoon. Die ou man se hare was netjies gekam en sy bril weer mooi stewig op sy gesig. Die seun het die rekening betaal, en op pad uitgang toe het ‘n bejaarde man onder die restaurantgangers die seun luid gevra: ‘Het julle nie iets hier agtergelaat nie?’ “Nee meneer, ek het nie” het die seun geantwoord. “Ek verskil van jou,” het die bejaarde man geantwoord. “Wat julle agtergelaat het is ‘n les vir elke seun en hoop vir elke pa!” Daar was daarna ‘n geruime tyd lank redelike stilte in die eetplek. Ons moet darem met ‘n glimlag afsluit: ‘n Blondine koop drie swangerskapstoetse en al drie wys positief. Sy vee die trane af en sê: “Jissie, ek weet nie hoe ek vir ‘n drieling gaan sorg nie!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.