Wouter se Watergat

2018-02-22 06:00

ONS land moet werklik uniek in die wêreld wees. Daar is baie positiewe redes waarom ek so dink, soos byvoorbeeld die wonderlike natuurskoon op so baie plekke, en die eie, unieke maar uiteenlopende karakter van die Bosveld of die Karoo. Of die Boland en die Kalahari.

Ons los maar die Suidkus vir die doeleindes van hierdie argument uit want persoonlik moet ek nog besluit of hierdie gebied werklik karakter het. Lekker plek, lekker weer, lekker mense. Maar karakter?

Daar is natuurlik ook die negatiewe redes waarom ons uniek in die wêreld is, en elkeen van ons sal sy of haar keuses kan maak uit redelik baie. My rede is ons politieke stelsel. Wat my verbaas is dat ons regeringstrukture nog funksioneer (hoe goed is ‘n ander saak ) ten spyte van politieke partye wat ideologies drasties verskil, en partye self wat intern so verdeeld is dat die senior leiers eierdanse moet doen nie die spreekwoordelike appelkar om te gooi nie.

Die twee beste voorbeelde op die oomblik is die DA-burgeroorlog in die Kaap en die interne stryd in die ANC. Toe hierdie rubriek geskryf is, het President Zuma nog soos ‘n “stukkie bollie aan ‘n wolkombers” geklou, soos my oorlede Ouma Hannie altyd gesê het.

Een van ons besoekers, Ellie van Staden van Port Edward, se mening was die enigste faktor wat ons uniek in die wêreld maak is dat Suid-Afrika as ‘n Afrikaland nog nie soos talle ander op die vasteland op mekaar begin skiet, verkiesingsbedrog pleeg, lewenslange presidente het of militante rebellegroepe moet beveg nie.

Pottie se stuiwer in die armbeurs was Ellie moenie aanvaar ons is nie op pad soontoe nie, veral nie met Julius Malema op die toneel nie. Moet sê, dit bekommer my ook nogal. Julius is gevaarlik.

Tydens die gesprekke oor die politiek het daar heel snaakse staaltjies uit die verlede opgeduik. Gert van Blommenstein van Bloemfontein, nie meer ‘n jong man nie, het ons vertel van sy pa se wedervaringe in die ou Nat/Sap-era van weleer.

Op Springfontein in die Vrystaat vind twee vergaderings dieselfde aand plaas. Die Sappe in die stadsaal, en die Natte in die skoolsaal. Die Natte se spreker is ‘n droë, oninspirerende spreker, en dis ook nie lank nie of iemand in die gehoor vlieg op. “Ek sê,” skree hy, “kom ons los hierdie vergadering en gaan d**er die Sappe.” Die droë spreker verduidelik dis nie hoe die demokrasie werk nie en saag voort op sy eentonige wysie.

“Ek sê,” skree ‘n ander naderhand, “ek stem, ons los hierdie vergadering en gaan d**er die Sappe.” Weer ‘n sedepreek, maar toe kos dit al moeite om nie die ‘amendement’ te aanvaar nie. ‘n Ruk later is dit weer so: “Ek sê ons los die vergadering en gaan d**er die Sappe!” Die spreker is nou heeltemal onlekker oor die ding, en skree terug: “Dink jy nou vir een oomblik jy gaan ‘n Sap regged**er kry?!” “Watwou! Ek was ‘n Sap, en hoe het ek reggekom?! Ek is regged**er.

Die goeie ou tyd. Ook maar goed dis iets van die verlede. Ons loopstorie van die week kom van Jenny en Karel de Vries van Florida in Gauteng wat hier kom haaie kyk het by die Protearif: Twee ouens sit en gesels.

Die een ou sê: “Ek kan nie wag om by die huis te kom en my vrou se g-string af te ruk nie.” Ander ou: “Is jou vrou na al die jare nog steeds vir jou so onweerstaanbaar?” Eerste ou: “Nee man ek dra hom en die ding maak my agterwêreld seer!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.