Wouter se Watergat

2018-04-12 06:00

HIER in die Watergat se rugbygeledere het die son deur die wolke gebreek vir die Sharks-ondersteuners. Ons kon Saterdagoggend nie glo dis dieselfde span wat tot dusver so benede sy potensiaal gespeel het nie.

Dalk moet ek nou my opmerkings oor die afrigting terugtrek, want die manne het soos ‘n goed ge-oliede span gelyk met die Du Preez’s prominent. Hoop die ommekeer duur voort.

Op Loftus het die Mitchell-invloed uiteindelik die deurslag gegee en die groepie van ses Stormer-ondersteuners wat vir die Paasnaweek al die pad van die Paarl af hier kom kuier het, se naweek totaal bederf. So seker was hulle van ‘n oorwinning dat hulle links en regs dop-weddenskappe aangegaan het met ‘n groepie plaaslike Bulmense, selfs toe die wedstryd al in die tweede helfte was. Dit het hulle ‘n hele paar rand gekos.

Die Lions het wel soos tiere verdedig, maar dit was nie goed genoeg nie. Daar is ratte in hierdie rugbymasjien makeer. Totdat dit reggestel word, gaan hulle van die ‘also-rans’ wees.

Genoeg oor rugby. Die groot, tragiese gebeurtenis was natuurlik die Aussie-krieketsage wat hom oor ‘n week afgespeel het. Dit was amper soos ‘n sportsepie. ‘n Mens kon nie anders as om jammer te voel vir die span nie. Van ‘heroes’ tot ‘zeroes’ in ‘n rekordtyd. ‘n Hardegat, swetsende David Warner het verander in ‘n snikkende, gebroke mens wat almal op kamera om verskoning vra, en onderneem om hulp te soek sodat hy sy lewensstyl drasties kan verander. Dit nadat Bancroft, Smith en die afrigter Lehman ook deur ‘n openbare trauma is, en die span in die laaste toets deur die Proteas platgetrap is.

Dit gaan Aussiekrieket baie lank neem om van hierdie jammerlike episode te herstel.

Daar is egter een faktor wat ‘n hele klompie van ons hier in die Watergat gehinder het, en ek is trots daarop ek het eerste daaraan gedink. Hoe is dit moontlik dat die boulers nie agtergekom het iemand het met die bal gepeuter nie? Enigiemand wat krieket ken weet mos dat ‘n bouler, veral ‘n snelbouler, baie mooi kyk hoe hy die bal in sy hand posisioneer voor hy met sy aanloop begin. Dan sien hy mos die bal. Hy kyk noukeurig na hom om seker te maak die growwe deel is aan die regte kant vir die nodige beweging in die lug. Wil die Aussies ons kom wysmaak dat nie een van die snelboulers gesien het die bal verweer buitengewoon vinnig nie? Ek sal my laaste rand daarop verwed hulle het geweet wat aangaan, en dat dieselfde peutery tydens die reeks om die As teen Engeland gebeur het, ten spyte van die ontkennings.

Fred Jooste, ‘n besoeker uit Bloemfontein wat jare lank reeds tydens Paasnaweek hierheen kom, is verantwoordelik vir ons glimlag van die week: Jors het etlike jare in graad nege deurgebring. Veral wiskundige geletterdheid het hom sy hele skoolloopbaan onder gekry.

Sy voormalige skoolhoof loop hom in Kaapstad raak en is skoon verbaas toe hy Jors uitgevat sien in die jongste Italiaanse modeprodukte. ‘Genugtig, Jors, lyk my jy het groot opgang in die lewe gemaak. Hoe het jy dit reggekry?’ ‘Wel meneer, ek is ‘n senior bestuurder in die Departement van Finansies.

Daar is mos oor die afgelope tyd ‘n groot groep mense weg. Ek moes ‘n toets skryf vir die pos.

Nogal somme doen.’ ‘Sjoe’, antwoord die skoolhoof, ‘watter tipe somme?’ ‘Hulle het gevra wat is ses maal vier. Toe is my antwoord 23.’ Die skoolhoof sug. ‘Jors, die regte antwoord is 24’. ‘Ja meneer’, erken Jors, ‘maar my antwoord was die naaste’.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.