Wouter se Watergat

2018-04-19 06:01

LYK my die Watergat se besoekers vertel ander mense, en gesigte wat ons nog nooit vantevore gesien het nie, het die vakansie kom kuier.

Nie net een keer nie. Sommer twee, drie dae na mekaar.

Vroulief is in haar noppies, want hulle vertel haar die hoofrede was haar vakansiegereg van die dag, kerrie-afval, gemaak soos ouma Petoors wat die konsentrasiekamp op Norvalspont oorleef het. Teen R70, saam met ‘n tapbier.

Ongelukkig is die politieke gesprekke, wat ons probeer vermy, kwaai. ‘n Groot diskoers oor Winnie Mandela en haar rol in die Suid-Afrikaanse geskiedenis het harde woorde lat val.

Of ‘n mens nou van haar hou of nie, sy was ‘n formidabele vrou. Ten spyte van haar talle vyande, ook in die ANC en dinge soos die Stompie Sepei-episode, sal haar naam in die geskiedenis opgeteken staan.

Jacob Zuma is ook weereens met woorde verflenter. Om dit sagkens te stel. Soos Oom Pottie verklaar het: ‘Hier is ‘n aartsboef, ‘n totale psigopaat met geen gewete nie, wat nou aan almal vertel hy word om politieke redes en omdat hy swart is, aangekla.

Hy beplan en organiseer ‘n burgerlike verset teen ons regstelsel, en sal niks ontsien nie.’ My eie gedagtes hieroor durf ek nie uitspreek nie, want hierdie rubriek sal onmiddellik Persombudsman toe verwys word. Opvallend was die persoonlikhede, feitlik deur die bank ‘has-beens’ en skurke, wat hom by die hof ondersteun het, soos Carl Niehaus en Hlaudi Motsoeneng.

Albei groteske psigopatiese verskynsels wat hoort in Batman-strokiesverhale. Soos Bennie Bester van Newcastle verklaar het na Zuma se toespraak buite die hof: HKGZK. Die ‘Z’ staan vir Zoeloe.

Rugby. Hoe gooi die Sharks ‘n wedstryd in die laaste paar sekondes weg in die ander span se kwartgebied? Ek het iewers onbetroubaaar gehoor Robert du Preez drink nou minstens tien Valiums per dag. Nog iets om te aanskou was die lyftaal van ses Stormers-ondersteuners van Worcester wat hier op ‘n hengelvakansie was.

Uitgedos met hul rugbytruie het hulle’n half-uur voor die wedstryd kom sit, opgewonde en gereed vir die slagting op Ellis, skuus, Emiratespark, met ‘n skuimkop of twee reeds kafgedraf toe die wedstryd teen die Lions begin. Ek het lanklaas sulke ongeloof aanskou namate die Johannesburgers die besoekers verflenter het. Die ses is druipstert en met bomskok huis toe. Oom Pottie het tot Sondag gelyk soos daardie groot glimlaggende kat in Alice in Wonderland. Een van die ses, Dries Jonker, het ons die storie van die week vertel voordat die mismoedigheid hom oorval het: Die gebrek aan reën het die boere in die Wes-Kaap erg geknou. Een boer van Moorreesburg was op die punt om alles te verloor toe die oudste van sy ses dogters sê hulle moet geld bymekaarsit vir ’n treinkaartjie Johannesburg toe.

Sy sal gaan werk soek en dalk genoeg kan afknyp om te help betaal aan die plaas se skuld.

’n Paar maande het verloop sonder taal of tyding van haar. Die dag voor die balju gereedskap wou opskryf daag sy op. Uitgevat in die jongste modes in ’n bloedrooi sportmotor arriveer sy op die plaas. Sy haal ‘n dik rol note uit vir pa, genoeg om die plaas te red. “Ek hoop jy was ’n goeie meisie daar in die groot stad.” sê -vra pa. “Pappa,” sê sy, “om ’n goeie geldjie te verdien in die groot stad moet ’n meisie goed wees.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.