Wouter se Watergat

2018-04-26 06:00

ONS het maar ‘n redelike stil week beleef met die meeste vakansiegangers wat na verlede naweek reeds huis toe is. Ons gereelde klante het egter hul draaie kom maak, en Dinsdagmiddag sit ‘n groepie van hulle, nie meer jonk nie en lank reeds inwoners van die Suidkus, en gesels oor Margate, oor die veranderings wat oor die jare ingetree het, en hoe die plek sukkel om die glorie en atmosfeer van vorige jare te behou.

In die proses het Jannie van Staden, wat veertig jaar reeds daar woon, en in sy jong jare ‘n lewensredder op Margate se strand was, ons dag gemaak met ‘n verhaal van iets wat gebeur het toe Jannie op stranddiens was. ‘n Goedgeboude jong man, seker net so oor die twintig, het opgedaag met ‘n wulpse meisie aan sy sy. Hulle was baie bewus van hulself…….hy met sy Adonislyf en sy met ‘n figuur wat die destydse Marilyn Monroe jaloers sou gemaak het. Die jong man wou almal beindruk, veral die meisie, en dit was duidelik hulle het mekaar kort tevore eers ontmoet. Hy het eers haar lyf met sonbrandolie gesmeer……..destyds het nie te veel lyf gewys nie, maar haar tweestuk was steeds iets om waar te neem. ‘Veral omdat dit die inhoud so goed laat lyk het’, het Jannie verduidelik.

Die twee het op en af geparadeer, baie bewus van hul fisiese bates, en later in die see gaan baljaar. In die proses om die meisie te beindruk, het die Adonis allerhande manewales in die branders uitgehaal. Swaelduike reg van voor en branderry op enige moontlik manier. Vir die mense op die strand, en om hulle in die water, was dit duidelik Adonis wou ‘afshow’, en hoe meer hy dit gedoen het, hoe meer het die meisie van hom notisie geneem.

Totdat hy hom misgis het met ‘n groot brander van die inkomende gety, wat hom eers neergegooi, soos ‘n kurkprop in ‘n maalgat gerol en toe soos ‘n bloublasie uitgespoeg het.

Toe hy tot verhaal kom, was hy duidelik gestres. Een hand voor die mond, en met die ander al grawende in die sand. Hoe meer die meisie hom wou help, hoe meer stoot hy haar weg. Steeds met die een hand voor die mond, het hy, met haar agterna, hul goed op die strand gegryp en vinnig verdwyn.

Jannie vertel die strandwagte het die volgende oggend net aan diens gekom, toe Adonis opdaag. Steeds met die een hand half voor die mond. Toe hy praat, hoor en sien hulle hy het nie tande nie. ‘Jammer om te pla’, vra hy skaam, al die bravado van die vorige dag weg.

‘Het iemand nie dalk my tande opgetel en hier kom inhandig nie?’ Jannie-hulle het hom toe innig jammer gekry want van die windgat-houding was niks oor nie. Veral toe hulle sy beteurterde gesigsuitdrukking sien nadat hulle ‘n emmer vol valstande voor hom neergesit het met die uitnodiging: ‘Soek gerus, joune is dalk tussen hulle.’ Adonis het nie eers probeer nie en het soos blits verdwyn. Almal het natuurlik gewonder wat van sy Marilyn Monroe geword het.

Al boodskap wat ons Sharks-ondersteuners vandeesweek aan die span wil oordra, is ‘Rus in Vrede’.

Ons loopstorie kom weereens uit die Kaap, soos oorvertel deur Maans Versfeld van Hibberdene: Gamat sit in sy garage waar hy die laaste goed moet verwyder en bepeins sy lot.

Hy’t sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat en hom geskei. Hy vat ‘n lee bottel, smyt dit teen die muur en skel: ‘Djy issie reason lat ekkie ‘n vrou hettie!’ Hy vat ‘n tweede bottel: ‘Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!’ Derde bottel: ‘Djy issie reason lat ekkie ‘n job hettie!’

Vierde bottel: ‘Djy issie reason lat ekkie ‘n huis hettie!’ Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie - vol wyn. Hy sit die bottel saggies neer en sê: ‘Staan djy eers eenkant toe, my broe. Ek sien djy wassie involved nie’.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.