Wouter se Watergat

2018-05-03 06:02

KOM ons kry die rugby agter die rug. Ek trek my opmerking oor die Sharks verlede week terug en hoop dat die manne van Durban kan voortbou op hul goeie oorwinning. Dt gee ons ondersteuners hier in die Watergat weer hoop.

Pottie se geliefde Lions brul voort, en indien hulle die Reds die komende naweek kan wen, en dalk een van die twee wedstryde in Nieu-Seeland, sal hulle feitlik verseker wees van die uiteindelike top-posisie op die Suid-Afrikaanse punteleer.

Maar wat dan? Weer verloor teen ‘n Kiwispan in die eindstryd indien hulle die uitspeelwedstryde wen? Die derde jaar in ‘n ry? Wil nie eers daaraan dink nie, maar ek is bevrees, die top Nieu-Seelandse spanne is in ‘n klas van hul eie.

Een van die groot besprekingspunte in die Watergat die afgelope week was blou-ape. Jan Combrinck van Umtentweni het geen geheim daarvan gemaak nie dat hy dink die troppe hier op die Suidkus moet uitgedun word. ‘Wetenskaplik, en behoorlik beplan met verantwoordelike mense in beheer, want so kan dit nie aangaan nie.

Gister het vier van hulle ons huis binnegekom deur ‘n venster oop te dwing, en die kombuis verwoes.

Rou eiers, brood, aartappelskyfies en stukkende glase het die hele wêreld volgelê toe ons ‘n geraas hoor en hulle verwilder. Een van hulle was aggressief en wou baklei. Dit het ons ‘n uur geneem om die plek weer skoon te kry,’

Jan se klagte het ‘n stortvloed soortgelyke verhale uitgelok. Van die manne wie se groentetuine, blombeddings, avokadopeer- en selfs lietsjiebome deur die diere verwoes is, was nogal radikaal in hul uitsprake. ‘Hulle is ‘n pes’, was een se mening, sal sy naam nie noem nie om ooglopende redes.

‘Ek skiet hulle met ‘n Daisy-pistooltjie in die agterstewes, en het op die oomblik geen probeem nie’. Dis bietjie erg, maar ek besef inwoners is gefrustreerd, veral omdat ander mense, veral besoekers, die probleem vererger deur die ape te voer.

Omdat daar so baie kos beskikbaar is, is die wyfies vrugbaarder en teel die troppe vinniger aan. Pleks van een keer per jaar, is daar van hulle wat nou twee keer per jaar babas het.

Oom Pottie is onverbiddellik: ‘Waarom waarsku die owerhede jou in die Krugerwildtuinkampplekke om nie diere deur die draad te voer nie? En dieselfde met die bobbejane in die Kaap? Want jy teken hul doodsvonnis.

Waarom moet dit hier by ons anders wees?’ Hy is gou, en nogal emosioneel, aangevat deur Danie en Sanet van Vuuren van Oslo Beach: ‘Die ape is nie die indringers nie! Dis mense wat hulle kom verdring en hul lewensruimte beperk het.

Hulle is oulik, ons voer hulle, en buitendien, hulle is beskermde diere en dis onwettig om hulle leed aan te doen.’

Sal liewer nie van die brom-kommentare oordra nie, maar dit was baie duidelik die minderheid in die Watergat het hiermee saamgestem.

Ewenwel, dis seker maar ons lot: Leef en laat leef. Daar is erger probleme in ons land as blou-ape. Veral as die ‘blou’ deur iets anders vervang word. Die storie van die week kom van die einste Sanet van Oslo Beach: ‘n Man bel sy vrou uit die ongevalle-afdeling van die Port Shepstone-hospitaal: “Liefie, ek’s omgery nadat ek my kantoor verlaat het. Santie het my hospitaal toe gebring.

Hulle het ‘n hele paar toetse gedoen en X-Strale geneem.

Die trauma aan my kop is pynlik, maar gelukkig het ek nie ernstige beserings nie. Ek het wel drie gekraakte ribbes en ‘n oop fraktuur aan my linkerbeen, dalk gaan hulle my regtervoet amputeer.” Nà ‘n rukkie se stilte, antwoord sy vrou: ‘Wie de f$*% is Santie?’

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.