Wouter se Watergat

2018-05-17 06:01

OOM Pottie en ek was verlede naweek in Germiston in Gauteng vir ‘n begrafnis van een van sy familielede, en kon dus nie verlede week verslag doen nie. Ons het eers Woensdag teruggekeer.

Wat ek vandeesweek wel kan meedeel is dat die Watergat voorverlede naweek vir die eerste keer in sy geskiedenis ‘n tekort aan sekere dranksoorte, veral bier, en spyskaart-items gehad het, en ons inderhaas vir Oom Pottie in verskeie rigtings moes stuur om die tekorte aan te vul. In die kos-afdeling het ons T-Beenbiefstuk- en Eisbeindisse teen Sondagoggend opgeraak. Die noodvoorraad-vrieskaste in my motorhuis het tot die redding gekom.

Die honderde motorfietsryers wat op ons dorp toegesak het, was honger en dors, en ‘n groot groep van hulle het ons drie dae lank besig gehou. As ek na my omset kyk, was dit die grootste nog oor ‘n langnaweek. Die bykomende genoegdoening is dat miljoene rande ook elders in die Suidkus se geldkoffers beland het. Die organiseerders verdien ons almal se hartlike dank vir die harde werk om dit moontlik te maak.

Die tweewiel-manne ( en vroue ) is nie bang om hul sê te sê nie. ‘n Groot onderwerp van bespreking was Caster Semenya en die internasionale atletiekfederasie se beslissing dat sy haar testosteroonvlakke moet verlaag. Die oorwoë mening was die Suid-Afrikaanse instansies en ander groepe wat dit nou beskryf as a ‘onregverdige veldtog’ en poging om haar te neutraliseer, is ‘n ‘klomp ape’, soos Gert, ‘n Goldwing-eienaar van Springs dit gestel het. ‘Sy, of hy, is meer man as vrou. Kyk na die lyf. Luister na die stem. ‘Sy’ is selfs met ‘n vrou getroud. Waar is die onregverdigheid nou? Hoe kan atletiek verwag dat normale vroue met Semenya meeding? Jy kan netsowel ‘n 750-Superbike teen fietse van 250cc laat jaag. Dis mos gek.

Bring die Superbike se kapasiteit af na 250cc, dán het jy mos regverdigheid.’ Niemand in die Watergat het van hierdie argument verskil nie.

Weens ons afwesigheid het ons nie die rugbywedstryde goed kon bekyk nie, maar die Kaap is weer Hollands in Sharksland, en Pottie is in sak en as oor sy Lions se vertonings in Australasië. Van ‘heroes to zeroes’ in slegs twee wedstryde. Die derde kom nog die komende naweek. En net toe die Bulls dink hulle herrysenis gaan voortduur, waai die Stormers hulle op Nuweland weg. Die SupeRugby-botsings tussen Suid-Afrikaanse spanne begin alhoe interessanter raak.

Tienie en Sandra, wat uit Pretoria op ‘n Harley-driewieler hier aangekom het, het vertel van die onderwyser wat voor ‘n klas staan. Onderwyser: ‘Wie is die president van Suid-Afrika?’ Kinders: ‘Dingiswayo’. Onderwyser: ‘Korrek.

En die Minister van Verdediging?’ Kinders: ‘Bennie McCarthy’ Onderwyser: ‘Korrek. En die hoofstad van Suid-Afrika?’ Kinders: ‘Mangaung’. Onderwyser: ‘Korrek. En wie het die Volkslied gekomponeer?’ Kinders: ‘Ladysmith Black Mambazo’ Onderwyser: ‘Skitterend. En wat noem ‘n mens die inwoners van Moskou?’ Kinders: ‘Muskiete’. Onderwyser: ‘Perfek. En hoeveel is 2 plus 5?’ Kinders: ‘25’. Onderwyser: ‘Dis baie goed. En julle gaan so dom en oningelig bly totdat julle regering my salaris verhoog!!’

Teacher: “That’s great, you’re going to be stupid like this until your government increases my salary ..... !!!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.