Wouter se Watergat

2018-06-14 06:02

VROULIEF en ek was die afgelope week vir ‘n huwelik op ‘n familielid se hoenderplaas naby Pietermaritzburg. Dus nie veel te rapporteer oor die Watergat nie, maar moet darem iets oor die rugby sê.

Al is dit met ‘n bittere teleurstelling in my gemoed. ‘n Familielid en ek het Saterdagaand met bier en biltong, al was dit elfuur, vol entoesiasme op die rusbank gesit.

Ná die eerste half-uur was ons so verveeld ons het gewonder waarna ons kyk.

Ek is seker Amerikaners wat rugby die eerste keer gesien het, sou gewonder het waaroor die bohaai gaan. Gridiron het veel meer opwinding, al is daar soveel meer ingewikkelde reëls.

Om ‘n lang storie kort te maak, ek het min swakker internasionale wedstryde as hierdie een gesien. Van ons groot name het kraters van hulself gemaak, Rassie se afrigtingstyd begin met ‘n gemors, en die vet weet waarom die reis Washington toe nodig was. Genadiglik het ek voor die einde aan die slaap geraak, en eers later van die telling kennis geneem.

Die familielid het bed toe gegaan en my alleen in droomland gelos. Hier kom ‘n groot gemors teen Engeland.

Die familielid, Danie Vorster, het my gemoedstoestand die volgende dag verbeter met ‘n hoenderstorie. Jannie kom laat by die skool aan. Juffrou vra hom waarom hy laat is.

Hy verklaar dit omdat sy pa kaal slaap. ‘n Stilte daal eers op die klas neer.

‘Wat!?’ sê-vra die juffrou. Kosie skrik maar hy vertel: Juffrou, ‘n jakkals maak moeilikheid onder my ma se hoenders en het verlede week een van haar bokke doodgebyt.

Twee-uur vanoggend hoor my pa ‘n geluid by die hoenders, hy gryp die haelgeweer en sluip by die huis uit sonder hemp, broek of skoene. Wagter, ons Herdershond word wakker en hy is agterna.

Pa het intussen op sy knieë nadergekruip en die geweer deur ‘n gat in die hokdraad gedruk om beter te kan korrel.

Skielik druk Wagter sy nat neus teen my pa se boude. Juffrou, ons maak al sedert drie-uur vanoggend hoenders skoon vir die vrieskas….dis waarom ek laat is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.