Wouter se Watergat

2018-06-21 06:00

VERLEDE Saterdag was seker een van die dae wat ek die langste sal onthou sedert ek die Watergat besit. Indien nie die langste nie. Die gevoel wat ek gekry het was identies aan die saligheid wat oor my en my gesin gespoel toe die Springbokke, teen alle verwagtings in, die Wêreld-rugbybeker in 1995 gewen het.

Van vroeg af het die manne en van hulle wat vroulief saamgebring het, ingeloer, ietsie ‘gevat’ soos Tolla altyd gesê het, lekker rugby gesels, en dan gaan inkopies doen. Van hulle het later die middag teruggekeer saam met ander gereelde besoekers. Dit was een groot fees, en die gees was onverbeterlik. Almal het gewag vir die groot ‘game’. Ek besef daar is ‘n ander watergat in die omgewing wat beskou word as ‘die beste waarde vir geld’, maar Saterdag het ons bewys die beste ‘gees’ is by die uwe se plek, want hier ‘lewe’ die atmosfeer, veral as daar nie meer plek vir die spreekwoordelike muis is nie. Soos op Ellispark. Vroulief se groentesop, wat nie sy gelyke het nie, was teen R10 ‘n beker uiters gewild, veral as aflos na drie biere, voordat die hops weer aan die beurt gekom het. Dit help om die bier te neutraliseer, is Oom Pottie se teorie. Die kos van die dag was ‘n Engelse beesbredie, wat vroulief gemaak het volgens ‘n ou, beproefde resep wat sy op die internet gekry het om by die geleentheid te pas. Die verskil was net baie meer knoffel en speserye, en ek moet erken, dit was puik. Mense wat van buite af gekom het, het gesê hulle kon die geur buite in die straat ruik. Ongelukkig was dit teen R35 per porsie, saam met rys, teen vyf-uur die middag uitverkoop, maar toe het dit nie meer saak gemaak nie.

Toe die wedstryd begin, was daar ‘n opgewonde gepraat-geruis. Tien minute later het talle geskokte gesigte in stilte na die TV-skerm gestaar. In een van ons kuierhoekies het daar ‘n groep mense gesit wat vroeër in die dag al vertel het die Springbokke gaan verloor weens die getal ‘kwotaspelers’ en die swart kaptein. ‘Dit help nie as ons die politici wil tevrede stel nie. Ons kan nie meeding indien die beste spelers nie gekies word nie. Dis verby met ons rugby. Kyk nou maar wat gaan gebeur.’ Pottie, van alle mense, het hulle aangevat en uiteindelik het onvriendelike woorde geval. Die ongelukkige waarheid is egter, hierdie sentiment met ‘n groot klap van naakte rassisme is in die harte van baie blankes. Aangevuur deur die politiek van die dag. Ons hoor dit elke dag hier in die Watergat. Dis somtyds verstommend wanneer menings oor bv. die Ashwin Willemse-geval gelug word.

Ewenwel, terug na die eerste tien minute. My gemoed was later in my skoene toe die telling skielik 22-3 is, met nog 60 minute van die wedstryd oor. Die groepie in die hoek se boodskap was ‘ons het julle mos gesê.’ Toe gebeur dit wat die dag myns insiens so geskiedkundig maak. Die Springbokke ruk hulle reg, wys hul krakter, en veg met mening terug. Die swart kaptein, verskeie swart spelers en ervare manne is prominent. Ook daardie witkop-skrumskakel van die Lions. Pottie was hieroor in ekstase. ‘Ek het mos gesê Alistair het Faf op die ashoop gegooi. Hy was onlangs die beste in Engeland, en kyk hier vandag.’

Stradig maar seker het die Watergat sy stem teruggekry. Tien minute voor die einde van die wedstryd was niemand stil nie. Behalwe die groepie in die hoek wie se teorie verkeerd bewys is en onmiddellik na die eindfluitjie geloop het. Toe die Bokke die voortou neem en dis duidelik hulle sou wen, ondanks ‘n laat drie deur die Engelse, was hier pandemonium. Lekkergevoel-pandemonium. In my gemoed was die blydskap dat hierdie wedstryd bewys het waartoe hierdie land in staat is wanneer die bevolkingsgroepe saamstaan, mekaar ondersteun. Hoe die spelers mekaar omhels. Dit bewys ook dat Rassie Erasmus nie ‘n paloeka is nie. Al verloor ons die volgende twee toetswedstryde, het Saterdag bewys die doemprofete oor ‘kwotas’ se dae is verby. Die groot vraag is nou of die politici hulle hande en monde van rugby gaan afhou. Die tyd sal leer. Maar 9 Junie op Ellispark sal nog lank onthou word. Ellispark (Emirates?) se rol in hierdie spesiale rugbydae is nogal opmerklik. Oor die Blitsbokke se prestasie praat ons aanstaande week.

Pottie is die bron van ons loopstorie. ‘n Blondine en haar metgesel sit en kuier. Metgesel: ‘Ek sien jou glas is leeg. Nog enetjie?’ Blondine: ‘Nee dankie, wat gaan ek met nog ‘n glas maak?’

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.