Wouter se Watergat

2018-06-28 06:00

WOUTER WILLEMSE

GROOT was die blydskap hier toe Siya Kolisi se span die Engelse span verlede week oortuigend verslaan en die reeks oortuigend beklink het. Dit was moeilik om te glo dieselfde juigende ondersteuners in die Vrystaatstadion, by die huise en in watergate soos myne was skaars twee weke gelede in die gemoeds-doldrums oor die toekoms van ons rugby. Indien Rassie Erasmus so voortgaan, sal by finaal bewys dat hy die ‘golden touch’ het en die rugbygenie is wat kenners lank reeds meen hy is. Kom ons hoop vir die beste, en hoop die politici hou hulle hande van die span af.

Die dag is verder opgevrolik deur ‘n egpaar van Philippolis in die Vrystaat, Henk en Pienaar.

Twee storievertellers van formaat. Een van hulle het ons laat skater, en ek gee hom woordeliks mee soos Mollie hom vertel het, in die eerste persoon: “Ons was arm. Brandarm. Agt kinders.

Daai tyd was ek in Standerd Twee en moes ons van daai glas botteltjies gom met die rooi proppie en rooi kwassie hê vir skool. My Ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom. ‘Waar dink hulle moet ons die geld vandaan kry?’ Maar natuurlik - ‘n Boer maak ‘n plan. En Ma was nie stupid nie. Sy kon tot gom maak.

Ruk daar meel uit, gooi suiker by en kook die spul op die stoof. Ek staan eenkant, baie beindruk met my slim Ma. Laat dit toe effens afkoel en sit dit in ‘n ou NCR Yeast-blikkie wat so bietjie verblyk was.

Ek was die enigste kind met ‘n Yeast-blikkie op my tafel. Al die ander kinders het die regte botteltjies gom gehad. Ek het nie baie omgegee nie, want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos Superglue nie kan plak nie! So drie weke later, terwyl die biesies buite bewe van die hitte, sit ons klas in doodse stilte, besig met eksamen.

Een m**rse ontploffing ruk die hele skool tot aandag. Daar trek my d**nerse blikkie se deksel en hy agterna tot teenaan die ‘sielieng’. Dis net gom wat neerkom op ons soos ‘n donnerstorm! Alles is wit. En dit stink ongelooflik – suurh*l se moses! Ek’t nog nooit iets in my hele lewe geruik wat so gestink het nie.

Die Juffrou se brille is vol gom. Haar hare spierwit. Dit drup van haar af asof sy in ‘n ‘shower’ staan. Tot in haar kliewitch by haar t**ties. Ek kon nie glo dat sy soos ‘n beeld lyk nie.

Oral waar ek kyk in die klas is almal f**ktap van die gom. Almal is wit en gil van die skrik. Ons boeke is F**KTAP. Ons klere is F**KTAP. Ons stink F**KTAP.

Juffrou wip toe haar g*t en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis toe gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goed drooggeword van al die gewag. Ek was woedend toe ek by die huis kom. My Ma het gedink dis ‘n grap en het haar dinges amper geskeur van die lag toe sy my sien EN ruik.

Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurh*lreuk ontslae te raak, maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik. Ek was glad nie gewild nie. Niemand wou eers meer met my speel nie...

Dis nou wat gebeur as jy brandarm is!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

How your dog can tell what you’re feeling

Researchers have found a specific area in a dog’s brain that recognises human faces – a finding that may help to explain why dogs are so sensitive to human social cues.

 

Paws

Share your 67 minutes with animals in need this Mandela Day
Kevin Anderson’s dog is winning at Instagram!
Kim Kardashian-West buys fake testicles to boost her dog’s self-esteem
10 tips on exercising your dog
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.