Wouter se Watergat

2018-07-05 06:01

VANDEESWEEK is daar nie nuus oor die Watergat nie, want Oom Pottie en ek het pas teruggekom van ‘n besoek aan die Kruger-wildtuin. Dit was ons jaarlikse Juniebesoek, en ek moet sê, weereens baie aangenaam. Daar is nêrens elders in Suid-Afrika waar ‘n mens jou so kan afskakel van die buitewêreld nie, hoewel dit in die moderne selfoon-era alhoe moeiliker raak.

Daar was egter een spesifieke dag dat ons bly was oor die moderne tegnologie, en dit was verlede Saterdag toe die Springbokke en Engeland mekaar op Nuweland aangevat het. Ons het so teen vieruur die middag in Pretoriuskop aangekom, en ons versoen met die gedagte dat ons, soos onlangs in Shelly Beach toe daar beurtkrag was, op radio na die wedstryd sou moes luister. Ons het saamgestem indien dit weer een van daardie kommentators is wat, soos voorheen in hierdie rubriek genoem, soos Gerhard Viviers probeer uitsaai ( ook in Afrikaans op TV ), ons ons sou versoen met ‘n goeie dosis Skotse hoogland-medisyne en by die kampdraad na die wildgeluide sou gaan sit en luister.

Groot was ons plesier toe ons op die ’84-Cressida se Blaupunkt Berlin op 102 FM inskakel en die stem van Johan Rademan hoor. Hy is een van die handvol Afrikaanse omroepers wat nog rugby kan uitsaai volgens ‘n eie styl, gepaard met ‘n gesaghebbendheid, gegrond op ‘n puik kennis van die spel.

En het ons nie lekker geluister nie! Hoewel gepynig omdat Rademan se kommentaar dit duidelik laat blyk het die nat Nuweland en Rassie se eksperimente het dinge vir die Springbokke baie moeilik gemaak. Maar wel bly die Engelse het nie so vinnig weggespring soos in die vorige toetswedstryde nie.

Terwyl ons nog so sit en luister, kom die besoeker in die hut langs ons s’n en klop teen die Cressida se venster. ‘Kom kyk hier by ons. My seun het sy rekenaar en hy ‘live stream’ die uitsending. En daar gaan Oom Pottie en ek. Op die stoep van die hut drom ons saam en kyk wat op Nuweland gebeur.

Met ‘n rukkerige en stoterige beeld-gehalte, kom ons stelselmatig agter iewers is iets groot verkeerd. Elton Jantjies speel die nagmerriewedstryd van sy lewe, en van die ander groot name sukkel ook, net nie so erg nie.

Pottie en ek het nou en dan na mekaar gekyk, en die boodskap wat ek gekry het, is dat ons liewer net sou wou hoor, en nie ook sien nie.

Groot was ons verligting toe die beeld skielik verdwyn, en die besoeker se seun ons ontsteld meedeel sy data is klaar. Wat dit ookal beteken het, het nie saak gemaak nie. Ons het ewe hoflik verklaar ons verstaan, en teruggegaan Cressida en Johan Rademan se kommentaar toe. Die straf deur die ore was meer hanteerbaar.

Ewenwel, die tydjie in die wildtuin was fantasties. Net jammer hopeloos te kort. Ons het die volgende storietjie by een van ons buurvroue in Pretoriuskop gehoor: Juffrou vra vir Jannie. “Wie het die gloeilamp uitgevind?” Jannie sê: “Ek weet nie juffrou.” Juffrou sê vir Jannie: “Jy sal meer op jou studies moet fokus.Jannie: “Juffrou, kan ek juffrou asseblief ‘n vraag vra?” Juffrou sê toe:” Ja.” Jannie: “Juffrou, weet juffrou wie is Karin?” Juffrou antwoord:” Nee Jannie, hoekom?” Jannie: “Juffrou sal meer op juffrou se huwelik moet fokus!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

Kim Kardashian-West buys fake testicles to boost her dog’s self-esteem

Kim Kardashian is known for her over-the-top lifestyle and crazy spending habits. This may be a little extreme though…

 

Paws

10 tips on exercising your dog
Our top picks for doggo post of the week
Meet the unstoppable two-legged cat taking over the interwebs!
10 foods you should NEVER feed your dog!
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.