Wouter se Watergat

2018-07-12 06:02

WOUTER WILLEMSE

Het nooit gedink ons sou weer so ‘n oomlik hier in die Watergat belewe nie. Die Sharks op hul pad uit die SupeRugbykompetisie, die Lions redelik stewig op pad na ‘n oorwinning, en Oom Pottie met ‘n kat-wat-room-gesteel-het-uitdrukking op sy gesig. En daar gaan die Lions, soos vorige kere, en ruk ‘n nederlaag uit die bek van ‘n oorwinning. Dit was natuurlik pandemonium hier by ons, Oom Pottie op senuweepille en ons Sharks wat uit die as van vorige nederlae herrys het. Ons Sharks is nog in die kompetisie. Oor die Bulls en die Stormers se skandes praat ons nie eens nie. Ek het ‘n idee wat John Mitchell vir die Bloues daar in die Verre-0oste aan sy manne gesê. Waarskynik weer iets wat hom dalk sy jop kan laat vderloor.

Jy hoef nie ‘n vuurpyl-uitvinder te wees om te sien die arme Rassie Erasmus sal al sy vernuf moet uithaal om Springbok-rugby te red nie. Of sal ek dit so stel, om Springbokrugby ‘n waardige teenstanders vir die Nieu-Seelanders se maak. Naweek na naweek speel die Nieu-Seelandse spanne strate beter as ons of die Australiers. En ek weet nie of ek my dit verbeel nie, selfs die Aussies begin alhoe beter lyk. Myns insiens het die toestand van Suid-Afrikaanse rugby niks met kwotas te doen nie, die toetse teen die Engelse het dit bewys. Die probleem gaan wees om die regte spelers en regte kombinasies te kies. ‘n Goeie voorbeeld is Elton Jantjies. Vir die Lions is hy by tye briljant. Verlede Saterdag teen die Engelse was hy vrotter as vrot. En teen die Sharks? Hy het ‘n uitstekende wedstryd gespeel.

Hoe werk dit? Robert du Preez van die Sharks was onlangs in presies dieselfde situasie.

Net na verlede Saterdag se wedstryd sit Nelis Pieterse, ‘n groot Lions-ondersteuner en sy vrou, afgetree en op vakansie, en bekla hul lot. ‘n Vriend het hulle ‘n begrafnisstories wat hy iewers raakgelees het, vertel wat Nelis en Bella dieselfde neerdrukkende gevoel gegee het. ‘n Saggeaarde oom se vrou het hom baie moeite en verdriet sy hele lewe lank gegee. Sy is oorlede en moes begrawe word. Grafgrawers het spesiaal plaas toe gekom doer in die Vrystaat by Bethulie waar die twee oues gewoon het, maar die manne het ongelukkig keel natgemaak terwyl hulle gegrawe het. Die ‘levels’ raak alhoe skewer namate hoe natter die kele raak. Ewenwel, die graf is gegrawe. Nelis vertel die dominee laat die groepie mense om die graf ‘Laat my gaan, laat my gaan, laat my Jesus gadeslaan” sing, en die begrafnis-ondernemer se grafversorgers laat die kis sak. Maar hy wil nie so lekker sak nie. Hy haak vas iewers in die middel van êrens. Die manne trek hom weer op, en laat hom weer sak. Die kis haak weer vas. Al die verse van die lied is reeds klaar gesing.

Die ou oom kom nader en kyk die besigheid so. Straan ‘n rukkie en dink. Skielik kry hy lewe. Hy trap op die kis en verklaar “jy het my my hele lewe lank moeite gegee, en nou wil jy my vandag weer moeite gee!” Hy trap hard op die kis. Dit skuif af. Hy trap weer en skielik breek alles los en die kis stort na benede. Dit land met ‘n harde plofgeluid op die bodem. Gelukkig nog heel. Die dominee is asvaal geskrik. Hy laat almal sommer weer ‘Laat my gaan, laat my gaan” sing.

Die ou oom kyk egter in die verte in en geen geluid kom oor sy lippe nie.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.