Wouter se Watergat

2018-07-19 06:00


ONDERWYL ek hier sit en skryf kyk ek oor die see, elf-uur op ‘n weeksoggend, en sien hoe drie walvisse uitbundig baljaar met sterte wat so hard klap dat jy dit tot in die Watergat kan hoor. Hier het pas iemand ingekom wat met ‘n groot glimlag vertel hy en sy gesin het ‘n houervol sardiens by Umtentweni bymekaar gemaak wat hulle vanaand, vir die eerste keer in hul lewens, oor die kole gaan braai volgens ‘n resep wat hulle twee weke gelede in hierdie einste koerant gesien het. Stadig maar seker kom die besoekers in vir ons spesiale middagete-dis van die dag, vroulief se boere spaghetti-bolognaise met baie knoffel ( gaar, nie rou nie, vroulief sê daar’s ‘n groot verskil….rou knoffel het ‘n slegte reuk nadat jy dit gekou het, gewoonlik op ‘n pizza, of om verkoues weg te hou, en gaar knoffel het ‘n geur wat jy eers opmerk indien dit nie daar is nie.)

Ons is vanjaar stiller in Junie as verlede jaar, maar hier is heelwat bekende gesigte uit Mpumalanga, Gauteng en die Vrystaat wat skuimkoppe geniet en die walvisse dophou. Weereens besef ek hoe lekker dit is om in hierdie deel van die wêreld te bly, indien jy nie water-, sanitasie- of ander diensleweringsprobleme het nie. ‘n Perfekte kombinasie van natuurskoon, matige weer en dinge om te doen. Toegegee, die atmosfeer van die Kaap is nie teenwoordig nie, maar dit is iets unieks in Suid-Afrika.

Ewenwel, ons sal seker maar rugby moet praat. As ek al ooit iemand skielik sien verander het in geesdrigtige ‘n Bulls-ondersteuner van iemand wat verklaar het indien die blinde skool teen die Bulle ( ‘skuus, die destydse Noord-Transvaal ) speel, is hy aan die blindes se kant, is dit Oom Pottie. Toe die Bloues Saterdag die oorhand oor die Jaguares kry, en behou, kon jy sweer sy bloed is blou.

En toe die Stormers later die middag ‘n sukkelende Sharks-span omdop, kon jy hom wie weet waar hoor. En waarom? Omdat dit die Golden Lions se kanse op ‘n tuis-kwarteindstryd bevorder. Hoe al hierdie dinge nog gaan eindig, weet nugter, al wat ek weet is die Sharks het hul seisoen weggeggooi, die Stormers se windjie waai flou, John Mitchell is ‘n totaal-oorskatte afrigter, en die Lions sal skielik nuwe woema moet kry indien hulle die half-eindrondes wil haal, laat staan nog die finaal. Indien wel, wag die Crusaders weer op hulle. My geld is nog steeds op ‘n eindstryd tussen die Jaguares en die Crusaders. Intussen sal iemand iewers iets drasties aan ons rugby-strukture moet doen.

Die SupeRugby-kompetisie se fut is uit en die pawiljoene loop leeg, geld uit Europa praat hard en aanloklik, ons eie afrigtingskundigheid is verdag, die Nieu-Seelanders ( en stadig maar seker ook die Aussies) is in ‘n klas van hul eie.

Ek hoop van harte ek moet my eie woorde sluk met die internasionale rugby aan die einde van die jaar.

Ons loopstorie kom van Poen Wentzel van Newcastle. Een nag om halfvier lui Koos se telefoon. Moeisaam beur hy uit die bed en strompel na die telefoon.

“Praat ek met meneer Van der Merwe?” vra ’n kwaai stem aan ander kant van die lyn.

“Uhm, ja,” mompel Koos.

“Wel, dis jou buurman Botha wat hier praat. Hoor hier, ek bel net om vir jou te sê jou hond se geblaf maak my gek. Klap asseblief dadelik sy bek vir hom toe.”

Die volgende nag om drie-uur lui die telefoon by Botha.

“Hallo?” mompel hy slaperig.

“Vriend Botha, dis jou buurman Van der Merwe wat hier praat.”

“Jy bel my om drie-uur in die nag? Is jy dol in jou kop?”

“Ou Bothatjie, ek wil net vir jou vertel dat ek nie ’n hond het nie. Ek is die buurman met die konyne.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.