Wouter se Watergat

2018-07-26 06:00

WOUTER WILLEMSE

VERLEDE Saterdag was die Watergat propvol Lions-ondersteuners uit Johannesburg wat hier was vir ‘n groot gholf-toernooi, en omdat ‘n hele paar van hulle kennisse van Oom Pottie se familie in Gauteng was, het hulle besluit om hier te kom rugby kyk.

En was hulle spraaksaam! Van hulle het reeds vroegoggend met die afslaan by Margate se Buiteklub met die dag se ‘knertsies’ begin, en was heel gesellig toe hulle hier aankom. Veral toe die Lions die Blou Bulle omrol, was hulle rêrig spraaksaam.

Die arme Sharks-ondersteuners, selfs al het hulle self ‘n spog-oorwinning gehad, was op hul ‘tuisveld’ heeltemal oordonder.

Niemand het omgegee nie, want dit was ‘n lekker, aangename dag, en my bankbestuurder het Maandag breed geglimlag omdat my oortrokke fasiliteit kwaai gekrimp het. Al wat hinder is dat die Sharks nou baie ver moet ry om verlede jaar se kampioenspan te gaan probeer onttroon.

Tussen die rugbykyk deur was daar twee snaakse stories, albei oor leeus. Die een, deur Jan Barnard van Ekhurhuleni, het gehandel oor die werklose man, ene Wessel, wat by die dieretuin gaan aanklop het om te hoor of hulle nie dalk vir hom ‘n werkie het nie. Die opsigter vertel Wessel hy kom of hy gestuur is: Die dieretuin se gorilla, ‘n groot aantrekkingskrag weens sy toertjies en mensgedrag, is weens ouderdom dood.

Die opsigter vra of Wessel bereid sou wees om in ‘n gorillapak die oorlede gorilla se plek sou inneem, teen goeie betaling, totdat hy ‘n plaasvervanger kry. Wessel stem onmiddellik in, en binne ‘n maand of twee is hy die grootste aantrekkingskrag in die dieretuin.

Langs die gorilla se hok was die leeuhok, en Wessel het, om sy toertjies bietjie interessanter te maak, met die leeu begin karring, en gou was daar ‘n vyandige interaksie wat groot groepe mense gelok het.

Op ‘n dag koggel Wessel die leeu onderwyl hy bo op die dak van die leeuhok sit, die leeu spring en klap na hom.

Wessel se voet gly en hy val langs die leeu. Die toeskouers snak na hul asem onderwyl die leeu die gorilla, wat paniekerig uit die hok probeer kom, jaag, en uiteindelik vang.

Wessel besef hy moet iets baie vinnig doen om te oorleef, en gryp die leeumannetjie met mening tussen die agterbene en druk vir al wat hy kan. ‘n Pynkreet dawer deur die hok, die leeu druk sy bek teen die gorilla se oor, en sê sag maar met mening: ‘Stop dit! Wil jy hê ons moet albei ons werk verloor?!!’

Die tweede storie kom van Stoney Steenkamp van Springs. Hy het vertel van die boer wat rustig op sy stoep sit en koffie drink, nie baie lus om plaas-inspeksie te doen nie.

Een van sy plaaswerkers genaamd Sifiso stap verby. “Sifiso,” vra die boer. “Weet jy hoe om ‘n selfoon te gebruik?” Sifiso: “Ek weet, meneer.”

“Nou vat hierdie selfoon, loop so by die grensdraad langs en gaan kyk of jy fout sien by die landlyn-telefoondraad.

Die telefoon binne die huis werk nie. Wanneer jy die fout kry, bel my op my vrou se selfoon wat ek hier by my sal hou. Druk net daardie groep knoppie.” “Goed meneer, ek maak so,” sê Sifiso. Na sowat ‘n uur lui die selfoon op die boer se skoot. Dis Sifiso. ‘Het jy die probleem gekry?” vra die boer.

“Ja meneer, maar hier is groot k*k. ‘n Lau het my gejaag, nou sit ek op ‘n telefoonpaal, en die Lau kap na my. Hy gaan my vang meneer!!”

Die boer is verstom en is nie seker of hy reg gehoor het nie.

Daar is mos nie Leeus op sy plaas nie. “Sifiso, wat se ding is ‘n lau?” “‘n Lau meneer. ‘n Lau!! Met die hare en groot tande!!”

Die boer is nog steeds verward. Daar kan mos nie ‘n leeu op sy plaas wees nie? “Sifiso, kyk nou weer af, dan verduidelik jy vir my hoe lyk diè lau.” Sifiso bly so ‘n rukkie stil, en verklaar toe met mening: “Meneer, hy’s kwaad, en hy lyk f*kken hongor!!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.