Wouter se Watergat

2018-09-13 06:01


n GROOT onderwerp van bespreking die afgelope week was die stygende lewensduurte, en veral die petrolprys. Toe die onderwerp eers ter sprake gekom het, was daar geen keer nie. Oor ‘n tydperk van twee dae was daar talle voorbeelde van mense wat moedeloos is oor wat hulle deesdae vir kos (en drank) moet betaal.

Die groot sondebok is natuurlik die brandstofprys. Dit raak feitlik elke faset van ons samelewing. Omdat on spoorweg-goederevervoernetwerk so power is, word die oorgrote meerderheid goedere per pad vervoer. Nêrens is dit meer opmerklik as op die N3 na Johannesburg nie. Met ons vorige rit na die Krugerwildtuin het Oom Pottie en ek tussen Harrismith en Villiers vragmotors getel wat van voor af gekom het. Ons was verbaas om te sien op daardie stadium, so elf-uur die oggend op ‘n weeksdag, dat minstens drie uit elke vyf voertuie vragmotors was wat vrag vervoer. Elkeen van hierdie voertuie verbrand diesel of petrol, wat die prys van die goedere wat hulle vervoer, beïnvloed.

Die reiskoste van mense wat minibus-taxis gebruik, word ook drasties beïnvloed.

Van ons kombuispersoneel bestee meer as ‘n kwart, sommige ‘n derde van hulle salarisse aan vervoer heen en weer. En nog is het einde niet. Daar kom nog ‘n verhoging later vandeesmaand. Selfs Pravin Gordhan het sy ernstige kommer uitgespreek oor die uitwerking van die brandstofprys op die herstel van staatsinstellings soos Eskom en andere.

Behalwe die koste van ru-olie. Word die prys negatief beïnvloed deur die swak rand. Wat op sy beurt grootliks veroorsaak word deur die geldmark se ‘opinie’ van die land en sy regering.

Hoe hard Cyril Ramaphosa ookal probeer, en hy het reeds baie reggekry, sit hy met die gevolge van amper tien jaar se staatskaping, swak regering en Zuma/Gupta-plundering van die land se geld.

Die omvang waarvan nou alhoe duideliker word namate die verskillende ondersoek-kommissies met hulle werk vorder. Dis om van naar te word. ‘n Goeie vraag van oom Nollie Niemand van Hibberdene was: “Dis nou alles goed en wel Ramaphosa, Gordhan en ander probeer red, maar waar was hulle die afgelope nege jaar? Was hulle blind?

Was hulle so bang vir Zuma? Die feit van die saak is die ANC, met Ramaphosa en al onder Zuma het hierdie land deur hul agterente getrek.’ Niemand wou met Nollie daaroor stry nie.

Rugby? Lyk my in die Curriebeker lê dit tussen drie spanne……….die WP, Sharks en die Goue Leeus. Dalk ook die Bulle. Sal maar sien. Die komende naweek sal ons weet of Rassie Erasmus enige invloed op die Springbokke se vermoëns gaan hê. Ek sal nie verbaas wees as die Aussies ons klop nie.

Cheslin Kolbe mag miskien vinnig wees, maar op internasionale vlak gaan hulle bloot bo-oor hom hardloop. Hy’s eenvoudig te klein. Maar kom ons hou duim vas Rassie weet iets wat ons nie weet nie.

Die storie van die week kom van dr. Marius Neethling van Harrismith wat hier kuier. ‘n Ingenieur was lank sonder werk. Hy besluit toe om ’n mediese kliniek te open. Buite sit hy ’n kennisgewing: “Kry jou behandeling vir R500! As jy nie gesond word nie, kry jy R1 000 terug.” ’n Plaaslike dokter dink toe dié is ’n kwaai kans om geld te maak en gaan vir “behandeling”. Dok: “Ek het die smaak in my mond verloor.” Ingenieur: “Verpleegster, bring asseblief medisyne van boks 22 en plaas 3 druppels in die pasiënt se mond.” Dok: “Dit is petrol!” Ingenieur: “Baie geluk! Jy het jou smaak teruggekry. Dit sal R500 wees.”

Die dokter is vies, maar ná ’n paar dae probeer hy om sy geld terug te kry. Dok: “Ek het my geheue verloor. Ek kan niks onthou nie.” Ingenieur: “Verpleegster, bring asseblief die medisyne van boks 22 en plaas 3 druppels in die pasiënt se mond.” Dok: “Maar dit was petrol!” Ingenieur: “Baie geluk! Jy het jou geheue teruggekry! Dit sal R500 wees.” Die dokter is woedend, maar kom ná ’n paar dae terug en sê: “My sig het verswak.” Ingenieur: “Wel, ek het geen medisyne daarvoor nie. Vat dié R1 000.” Dok: “Maar daai is R500 . . .” Ingenieur: “Baie geluk! Jy’t jou sig teruggekry! Dit sal R500 wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.