Wouter se Watergat

2018-09-20 06:00


WAT kan ‘n mens sê? Die onderwerp is rugby en in die besonder, die Springbokke. Hier in die Watergat het ek nou reeds elke moontlike argument gehoor wat gedoen moet word om hulle weer ‘n wenspan te maak, maar ek is bevrees die spelermateriaal is dalk net nie daar nie. Voorheen was dit maklik om die afrigter te blameer. Hierdie keer nie. Rassie se sienswyses en hoe hy te werk gaan boesem vertroue in. Hy maak ook nie verskonings nie, en het reeds geskimp hy weet sy dae is getel as die Bokke nie begin wen nie.

Is daar iets te redde? Van ‘n span wat Engeland twee keer kon klop, op Ellis-(Emirates)park ‘n goeie vertoning lewer teen die Argentyne, maar dan in Mendoza verloor, en verlede week dieselfde swak vertoning lewer teen ‘n ewe sukkelende Australiese span, wat juis die vorige week deur die manne in swart vermorsel is. Die ‘kwota’-argument is lankal uitgeskakel. Het ons net nie genoeg spelers van internasionale gehalte nie? Is ons beste manne in die buiteland? Kies ons verkeerde kombinasies? Of uitstekende SupeRugby-spelers wat net nie goed genoeg op internasionale vlak is nie? Dalk soos Warren Whiteley, Sia Kolisi, Faf de Klerk en Elton Jantjies? Franco Mosterd? Damian de Allende? Die lys is lank. Waarom is ons hanteerwerk en besluitneming so sleg? Is dit die afrigter? Of spelers wat ‘stage fright’ kry? Ek kry koue rillings as ek dink wat Saterdag in Nieu-Seeland gaan gebeur. Speler vir speler, feitlik sonder uitsondering in elke posisie, is die All Blacks beter as Suid-Afrika of die Aussies. Hul hantering en besluitneming is puik, hul voorspelers is by tye onstuitbaar, hul agterspelers hardloop met mening, en daar is ‘n doelgerigtheid en samehorigheid in hul spel. Bowenal, wanneer die ander span begin druk toepas, gaan hul eenvoudig oor na ‘n hoër rat, en soos ons in ons studentedae gesê het, ‘dan is dit verby met Doris Day’. Doris lewe blykbaar nog, in haar negentigs, so ek is bevrees, Saterdag is dit weer verby met haar.

Dis genoeg oor ons rugby-ellende, en omdat daar nie veel anders hier gebeur het nie, ‘n oulike storie van Joos Hansen van Newcastle: Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek. Sy probeer met ‘n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voete te kry. Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom, breek daar al ‘n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry. Dis toe dat die mannetjie so tussen sy vier afwesige voortandjies sê: “Juffrou, hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet.” Sy kyk en so wrintiewaar, die vellie ís aan die verkeerde voet. Die uittrek van die vellie aan die verkeerde voet gee nóg ‘n gespook af. Die juffrou hou kop en begin maar weer om die vellies aan die régte voete aan te trek, steeds met een helske gesukkel. Amper klaar, kondig die mannetjie aan: “Juffrou hierie ith nie my vellieth nie.” Die juffrou ontplof byna, maar hou kop en sê kalm: “Hoekom het jy nie vroëer gepraat nie? Die gestoei begin weer om die vellies uit te trek. Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer: “Dith my boetie the vellieth. My ma het gesê ek moet dit vandag dra want myne is weg.” Die juffrou sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle weer aan die mannetjie se voetjies. Die mannetjie trek aan die juffrou se baadjie en vra verleë: “Juffrou,wat van my kouthe?” Juffrou skree: “Nou waar is jou kouse??!!” Die knapie antwoord: “Dith voor in my vellieth!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.