Wouter se Watergat

2018-09-27 06:00

OMDAT rugby so ‘n groot deel van ons gesprekke en belangstelling hier in die Watergat is, probeer ek doelbewus nie te veel daaroor skryf nie terwille van mense wat nie sulke fanatici soos ons is nie. Maar vandeesweek kan dit nie anders nie. Verlede Saterdagoggend het ons hier een van die opwindendste, opheffendste, hoopgewende en selfs emosionele twee ure van ons lewens beleef. Toe Pieter-Steph du Toit kort na die eindfluitjie blaas, onbeskaamd op die skouers van spanmaats huil, het van ons dieselfde gedoen. Oom Pottie het skielik toilet toe gegaan met sy oë vol trane, en van ons het baie swaar gesluk met blink oë.

Dis surrealistiese oomblikke soos hierdie, wat heeltemal teen die verwagting in gebeur, wat die lewe die moeite werd maak. Kom ons vergeet dat dit rugby was. Iets het Saterdagoggend gebeur wat hierdie land broodnodig het. Baie meer as in 1995. ‘n Gebeurtenis wat ons uit die doldrums van wanhoop lig en bewys indien ons saamstaan, ons enigiets kan vermag, gegrond op die ou clichè ‘Eendrag maak Mag’. Uiteindelik het ons ‘n afgrigter wat op sy voete dink, nie verskonings maak nie, en klaarblyklik die vermoë het om spelers te motiveer. En bowenal, hy het dit reggekry om met sy keuse van kaptein en etniese mengsel van spelers, die hele land te betrek. ‘n Groep van ses swart munisipale amptenare, groot sokker-aanhangers met min kennis van rugby, het hier vasgenael gesit en kyk hoe goed die swart spelers gevaar het, veral daardie jong juweel van die Lions, en netso hard gejuig toe Suid-Afrika wen.

Kom ons vergeet daarvan dat die Springbokke aanhoudend moes têkkel, ( Pieter-Steph du Toit alleen het amper netsoveel teenstanders onderstebo geloop as die totaal van die hele All Blackspan, ) net ‘n derde van die balbesit gehad het, bitter min in All Black-gebied was, en Beauden Barrett agt punte met skoppe weggegooi het. En die uwe, wat voorspel het die Springbokke sou afgeslag word, stem saam met Nick Mallet dat ‘humble pie’ nog nooit so lekker gesmaak het nie.

Die Watergat het die res van die dag goed sake gedoen. Vroulief moes bontstaan met haar skaappens-afval en hoenderkerrie, ons yskaste kon nie voorbly met die koud hou van bier nie, want weens die wonderlike gemoedstoestand van ons besoekers, ook hulle wat daarna ingekom het om in die vreugde en atmosfeer te deel en die Curriebekerwedstryde dop te hou, het hul selfbeheersing met geld bestee ook drasties verswak. Dit sal my bankbestuurder breed laat glimlag. Die Curriebeker: Oom Pottie sluk moeilik daaraan dat sy Lions-span so ver kon verloor, maar dit moes die een of ander tyd gebeur. So ‘n klomp jong en onervare, selfs onbekende spelers, al is hulle hoe talentvol, met ‘n onervare en nuwe afrigter, moes die een of ander tyd so ‘n loesing op die lyf loop teen meer ervare spelers. Lyk my dis vanjaar die Sharks of die WP. Indien die Curriebekerkompetisie hoegenaamd nog saak maak.

Ons loopstorie kom van ‘n vroulike besoeker (nogal) van Johannesburg. Fiona Diederichs vertel van ‘n middeljare Suid-Afrikaner genaamd George wat ‘n bordeel in Londen besoek. ‘n Jong vrou kom sit op sy skoot, hulle lag en drink bietjie, hy fluister in haar oor en sy vlieg op en hardloop weg. Die madame wonder wat aangaan, en stuur nog ‘n diensverskaffer, meer ervare as die vorige een. Dieselfde gebeur. Hy fluister in haar oor, sy skree net ‘No Way’ en loop weg. Die madame besluit om haar mees ervare vrou te stuur. Niks onstel haar meer nie. George, flikflooi, streel haar vel, drink ‘n dop of twee, sy giggel en hy fluister in haar oor. Geskok kyk sy hom aan en gil: ‘No way, buddy’. Die Madame is heeltemal oorbluf.

Sy het lanklaas self gepraktiseer, maar besluit sy gaan uitvind wat aangaan. Op sy skoot vertel sy vir George sy is die beste meisie beskikbaar met die meeste ervaring. Hulle gesels lekker, vat hier en daar suggestief aan mekaar, soen mekaar in die nek, en giggel bordeel-giggels. Hy leun oor en fluister in haar oor: ‘Kan ek jou in rande betaal?’

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.