Wouter se Watergat

2018-10-11 06:01


‘n Baie lekker, gesellige week is agter die rug met besoekers van die Vrystaat en Gauteng wat hier gekuier het.

Almal met hul eie kommentaar oor wat presies in hul deel van die wêreld aan die gang is, en hul eie bekommernisse oor die toekoms.

Jannie en Gerda Geldenhuys van Randburg het vertel dat dit by hulle redelik goed gaan wat dienslewering betref, maar die groot kopsere bly misdaad en die verskriklike verkeersdrukte, wat vererger word deur die ongelooflike arrogansie van die minibus-taxibestuurders.

‘Julle dink julle het probleme hier? Daar by ons doen hulle dinge wat jy nie glo moontlik is nie.

Die geelstreep-veiligheidsgebied aan die linkerkant van die paaie is nou die ‘taxilaan’.

Die wetstoepassers se pogings om dit te keer help niks, want sodra ‘n amptenaar ‘n minibus stop, sak ander op hom toe en die bestuurders laat hom duidelik verstaan wat met hom en sy gesin sal gebeur as hy nie padgee nie.’

John van Staden van Roodepoort die swak toestand van die ekonomie is nie so opmerklik in Johannesburg nie. Omdat daar so baie mense is, veral aan die Wes-Rand waar behuisingskomplekse honderdduisende mense huisves, doen ondernemings baie goed indien hulle goeie diens of produkte lewer.

Op plekke moet jy twee weke voor die tyd ‘n bespreking maak indien jy bv. jou swembadpomp wil laat herstel.

In die groot winkelsentrums op Saterdagoggende, buite vakansietye, sukkel jy om na nege ‘n sitplek te kry vir ontbyt by enige van die tien tot twaalf eetplekke in die sentrum.

Oral word nuwe geboue opgerig, en in die omgewing van Sandton en die middestad van Johannesburg wemel dit van die Ferrari’s, Porsches en Bentleys.

Met die begin van die somer, word jy nou by kwekerye vertrap soos huiseienaars geld bestee aan blomme en plante.

G’n wonder nie Gauteng is die enjinkamer van ons ekonomie, selfs so swak soos die algemene toestand is.

Daarenteen voel die Suidkus soos die uitlaatpyp van die ekonomie. Wanneer ek luister na die eienaars en werknemers van besighede wat hier lafenis kom soek, bestaan daar by my geen twyfel nie dat baie mense finansieël in die moelikheid is.

Minder motors word verkoop, kleiner besoekersgetalle by vakansieplekke, en eetplekke sukkel.

Ek weet, want ons syfers toon ook ‘n redelike daling teenoor vorige jare. Die redes is ooglopend, en Watergatbesoekers draai nie doekies om nie.

Gatvol is ‘n eufemisme.

Kom ons praat liewer ‘n bietjie ‘ball’. Daar gaan die Sharks en struikel weer oor dieselfde hekkie. Ons kon nie glo hoe maklik die WP gewen het nie.

Nee wat, die Du Preez-dinastie sit met die spelers, maar die manne kan net nie teen ‘n werklike goeie span die mas opkom nie.

Afrigting die probleem? En vir die Springbokke lê nog ‘n All Black-stryd voor.

Hulle kan nie meer die kampioenskap wen nie, maar het minstens gewys hulle kan wedstryde wen met rotsvaste verdediging en die minimum besit.

Wat van aanval?

Dominansie? Ek is bevrees hierdie naweek huil ons weer in ons bier.

John van Roodepoort se loopstorie kom uit die Kaap, nie meer nuut nie, maar nog steeds snaaks: Gatiep verkoop vrugte in Adderleystraat. ‘

n Ouerige vrou kom verby en hy laat waai met ‘peske, peske, lekke, lekke peskes, net vyf rand vir die mooi tannie’.

Sy gaan staan, kyk na die kassie perskes, en vra: ‘Is hulle soet?’ ‘Dja, hoe dan? Kyk hoe mooi stil sit hulle!’

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.