Wouter se Watergat

2018-10-18 06:02


Kyk, Wouter Willemse het in sy bestaan van oor die sestig jaar baie teleurstellings beleef. Sommige van hulle erg, maar uiteindelik daarvan herstel en aangegaan met my lewe. Maar wat verlede Saterdag op Loftus gebeur het, glo nie ek sal maklik kan verwerk nie.

Bitter min mense het die Springbokke ‘n kans gegee teen die All Blacks, al het ons hulle die vorige week teen alle verwagtinge in geklop.

Daar sit ons toe in die volgepakte Watergat, met die wens dat die Springbokke minstens met hul volle potensiaal sal speel, al verloor hulle. Soos Oom Pottie gesê het: ‘Solank die All Blacks baie hard moet werk om ons onder te kry, sal die nederlaag baie makliker wees om te verwerk. Die Springbokke moet minstens, soos verlede week, toe hulle in alle ander fasette oorskadu is, soos besetenes têkkel en wys ons gaan nie maklik lê nie.’ Almal het met hom saamgestem en ons hou ons asems op toe die spel begin.

Na tien minute het die besef begin posvat die All Blacks het óf ‘n afdag, óf die Springbokke het binne ‘n week ‘n ongekende transformasie ondergaan.

Teen rustyd het ons ongelowig vir mekaar gekyk en gevra of dit waar kan wees dat die Springbokke voorloop.

Toe sestig minute van die wedstryd verby was, en Suid-Afrika met byna 20 punte voorloop, het ons begin dink hier kom ‘n ding. Met agt minute van die wedstryd oor, het ons die oorwinning begin vier. Dit was ‘n gevoel van louter plesier.

Totdat Rassie Erasmus in sy wysheid plaasvervangers in hierdie kritieke stadium op die veld gestuur het.

Toegegee, om hulle speelkans te gee, maar in die proses die spelpatroon van die Springbokke ontwrig het.

Toe die All Blacks ‘n drie druk om die agterstand na vyf punte te laat krimp met twee minute oor, het die alarmklokke begin lui, en toe hulle net voor die eindfluitjie verspotmaklik nog een druk, en die doelskop is oor, het dit gevoel asof dit die einde van ons bestaan was. ‘n Geskokte stilte het 30 sekondes lank geheers, en toe bars dit los. Soos seker in elke ander openbare kykplek en huishouding in Suid-Afrika.

Elkeen met sy eie mening, kwaad, teleurgesteld en ander stom van ongeloof. Hoe is dit moontlik dat ons die All Blacks in elke opsig van die spel die besoekers se meerdere was, tot ‘n paar minute voor die einde, en dan gaan pluk ons ‘n verpletterende nederlaag uit die kake van ‘n roemryke oorwinning?

Net een rede. Seker een van die grootste blapse in ons rugbygeskiedenis in so ‘n belangrike wedstryd: Die plaasvervangers.

Rassie moes homself Saterdagaand onderwyl hy in sy bed rondgerol gevra het : “Wat het my besiel?”

Hy het later verduidelik waarom, maar dalk het die meme wat sedertdien rondgestuur is, met die byskrif oor Rassie se gedagtes in daardie laaste tien minute: “Ek sien ons gaan wen, miskien moet ek ‘n paar kwotas opstuur”, iewers ‘n stukkie waarheid in.

Al hou hy vol van die manne wat vervang is, het skete gehad.

Ons loopstorie kom van Sarel Serfontein van Johannesburg: ‘n Vrou kom in die kombuis, en kry haar man met ‘n vlieëplak in sy hande. Al enige vlieë doodgeslaan? ‘Yep, drie mannetjies en twee wyfies,’ antwoord hy. ‘Nonsens man, hoe ken jy hulle uitmekaar?’ ‘Maklik. Drie was op die bierblikkie en twee op die selfoon.’

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.