Wouter se Watergat

2018-11-01 06:02

Soos ek verlede week aangedui het, was Oom Pottie twee weke lank by sy dogter in Ekhurleni, Germiston soos hy op die naam aandring, en het op sy eie met sy geliefde rooi 1984 Toyota drie-liter soontoe en terug gery.

Hy is nie meer jonk nie, vat-vat so aan die tagtig, en al wat hy makeer is te wyte aan so ‘n effense rugprobleem.

Daarbenewens kry hy so dan en wan gewrigsontsteking, maar andersins is hy blakend gesond vir ‘n man van sy ouderdom. Op pad soontoe moes hy ‘n pap wiel omruil, maar andersins het die Toyota, soos sy baas, ondanks baie jare ‘soos ‘n droom’ gery.

Die verskil tussen baas en motor is egter die motor se myl-afstand is laag, maar die baas s’n redelik hoog.

Wat Pottie se goeie gesondheid nog merkwaardiger maak.

Ewenwel, hy het een dag opsy gesit en sy gebruiklike draai by Ellispark ( hy weier om die lugdiens se naam te gebruik) waar hy weer die nodige toestemming gekry het om op die veld te gaan loop, leë pawiljoene en al.

Hy beweer ‘n uur op Ellispark, wat ‘n sitsessie op die pawiljoene insluit, laat hom terugbeweeg na die jare van Natie Rens, Mannetjies Gericke en Wilf Rosenberg.

Hy sê as hy lank genoeg konsentreer, herleef hy die skop van Jack van der Schyff in 1955 met die Quins-bakkery in die agtergrond, toe die Springbokke die eerste toets teen die Britse Leeus met hierdie skop verloor het.

‘Ek was nog jonk, maar ek was daar, Woutie’, het hy my oor die jare nou al tot vervelens toe vertel. Benewens dat Cliff Morgan die beste losskakel was wat hy in sy lewe gesien speel het.

Wat hom nou egter die meeste beïndruk het, was die Wes-Rand en Randburg.

Hy het besluit om daar ‘n draai te maak omdat hy soveel jare gelede laas daar was. ‘Woutie, jy sal dit nie glo nie.

Dis nie soos hier by ons nie. Besighede floreer. Daar is mense, baie mense. En motors op die paaie.

As jy ‘n goeie produk het en top-diens lewer, maak jy geld.

Ek het ‘n Saterdagoggend in ‘n winkelsentrum in Ruimsig teen tienuur probeer brekfis te eet.

Ek moes toustaan by een van die nege of tien restaurante, wat almal vol was, en dit was nie skoolvakansie nie.’ Daarvandaan het hy deur Sandton gery. ‘

Dis net Mercedesse, Audi’s en BMW’s met hier en daar ‘n Ferrari. Mense daar het geld. En oral sien jy geboue opgaan.

Ons land se ekonomie is ver van gedaan. Dis net by plekke soos ons hier op die platteland waar ons sukkel.’ Dis dalk ‘n oordrywing, het ek myself wysgemaak, maar baie waar. Die geld is in Gauteng.

O ja, die rugby.

Daar moes ek toe amper my woorde sluk. As dit nie was vir ‘n verbete eindpoging van die Sharks nie, het die Lions dit dalk net-net gemaak na ‘n verbasende herrysenis.

As die WP ook nie baie diep gedelf het nie, was die Blou Bulle in die finaal. Nou moet die Sharks net die finale ding gaan doen.

Op Nuweland. Gaan nie maklik wees nie. Solank die rugby net van dieselfde gehalte is as verlede week.

Ons loopstorie kom van Ansie van Schalkwyk van Manaba: Vrou: ‘As ek nou eendag sterf, sal jy weer trou my man?’ Man: ‘Nee!’ Vrou: ‘Jy kan maar eerlik wees; ek sal nie kwaad word nie.’ Man: ‘Ja, miskien...seker.’ Vrou: ‘Sal jy toelaat dat sy met my kar ry?’ Man: ‘Ja, as sy wil. Dit is nog nuut.’ Vrou: ‘Gaan julle aanbly in ons huis?’ Man: ‘Ja, seker. Dit is klaar betaal en in goeie kondisie. Hoekom nie?’ Vrou: ‘Gaan sy my juwele dra?’ Man: ‘Nee, ek sal maar ander koop. Ek glo nie sy sal dit wil dra nie.’ Vrou: ‘Gaan jul in ons bed slaap?’ Man: ‘As hy reg is, hoekom nie!’ Vrou: ‘Gaan sy my skoene dra? Man: ‘Nee, glad nie. Jy dra ‘n vyf en sy dra ‘n sewe!..

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.