Wouter se Watergat

2018-11-08 06:01

Wouter Willemse


Daar gebeur dit toe uiteindelik! Vir die eerste keer in jare is my begin-van-die-seisoen-voorspelling bewaaarheid. Ek was oortuig die Sharks sou vanjaar die Curriebeker-kompetisie lig, hoewel ek moet erken onderweg soontoe het ek somtyds getwyfel, veral toe die WP hulle vroeër so lelik opgefoeter het. Ek moet ook erken, ek het dikwels getwyfel aan die afrigtingsmetodes omdat die Sharks by tye skielike insinkings beleef het. Maar dis ‘n lekker gevoel. En ook goed dat dit hulle beurt is, Dis goed vir Suid-Afrikaanse rugby as die beker nie twee of drie keer na mekaar deur dieselfde span gewen word nie. Die ander spanne kan egter hul sterre dank die Lions het vanjaar nie die voorspelers gehad wat goed genoeg was nie. Nodeloos om te sê, Oom Pottie se gemoedstoestand is nie van die beste nie. Sy Lions sal van voor af moet begin om ‘n wenmasjien op te bou soos wat hulle met Johan Ackerman aan die stuur gehad het.

Die Springbokke? Dis duister. Net wanneer ek dink dat Rassie op die regte pad is, doen hy eienaardige dinge. Soos om Gio Aplon en Schalk Brits Nader te trek. En om Akker van der Merwe by die huis te los. Maar kom ons kyk wat Saterdag op Twickenham gaan gebeur. Eddie Jones het klaar gesê die Springbokke is ‘a piece of cake’. Kom ons aanvaar hulle is nie, en klop die Engelse, lê daar nog drie reuse-kragmetings voor teen Europa se beste spanne. Ek sal die eerste een wees wat erken die Springbokke is weer ‘n krag in wêreldrugby indien ons al vier die wedstryde wen. Maar soos die Joodse winkelier vir die Vrystaatse boer gesê het: ‘Oom Jan, jy kan bid vir reën, dis goed so, maar op die oomblik waai die wind nog wes.’

Na Saterdag se wedstryd het ons ‘n storievertelkompetisie gehad, en Stoffel Papenfus van Bethlehem het ‘n kas bier met die volgende een gewen. Ek het hom voorheen gehoor, maar dit was die paneel van agt se keurse:

Die onderwyseres gee haar graad 5’s ‘n werkopdrag: Hulle moet hulle ouers vra om hulle ‘n storie met ‘n les aan die einde daarvan te vertel. Die volgende dag kom die kinders toe terug en begin een vir een hulle stories te vertel. Vinesh sê: ‘My pa is ‘n hoenderboer en ons het baie broeihenne. Eenkeer het ons die eiers in ‘n mandjie op die kar se voorste sitplek gesit om dit mark

toe te vat. My pa slaan toe remme aan, die mandjie val om en al die eiers breek in die kar!’ ‘Mooi, Vinesh’, sê die juffrou, ‘wat is die les van die storie?’ ‘Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie!’ sê die trotse seuntjie. ‘Baie goed,’ sê die onderwyseres.

Volgende is dit klein Sipho se beurt. ‘Ons het nou-die-dag berg toe gestap en toe sien ons ‘n muis wat uit sy gaatjie kom.’ ‘O?’, vra die juffrou,

‘En wat is die les van die storie?’ ‘Die berg het ‘n muis gebaar, Juffrou!’ sê Sipho. ‘O, jaaa, dis seker waar,’ sê die onderwyseres.

Volgende is dit klein Kosie se beurt. ‘Juffrou, my pappie het my vertel van Antie Susanna wat verlede jaar op hulle plaas aangeval is. Toe sy hoor die alarm by die heiningdraad gaan af, toe besef sy hulle gaan die duur bottel brandewyn steel wat sy nou net op die dorp vir oom Koos as ‘n present gekoop het. Sy drink gou die bottel leeg. Toe vat sy die haelgeweer, patrone en ‘n vleismes en wag hulle by die deur in. Toe hulle inkom in die huis, skiet sy vier met die haelgeweer dood, steek twee dood met die kombuismes, en slaan die laaste een katswink met die vuis!’ ‘Oe, maar dis vreeslike storie!’ roep die onderwyseres uit, ‘Watter soort van les kry jou pappie uit so ‘n aaklige storie?’ Kosie antwoord: ‘Bly ver weg van Antie Susanna as sy gesuip is!’

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.