Wouter se Watergat

2018-11-22 06:00

WOUTER WILLEMSE

Vroulief en ek was verlede naweek saam met by vriende by ‘n oord in die Drakensberge, en Oom Pottie het die fort by die Watergat gehou. Ons het vooraf ooreengekom dat hy, afhangend van hoeveel mense sou wou kom rugby kyk, die Watergat om normaalweg tienuur Saterdagaand sluit. Hy het navraag gedoen, en so min mense sou opdaag dat dit nie die moeite en bykomende koste ( oortyd vir die werkers ens.) werd was nie. Die Watergat was dus donker en gesluit toe die spanne in Parys op die veld draf. Ons groepie het in die oord se dameskroeg gesit en kyk, en die teleurstelling was op almal se gesigte opmerklik toe die Springbokke in die eerste helfte lyk asof hulle lood in hul voete het.

In die tweede helfte het dinge begin beter gaan, en die hoop het begin opvlam. Tot ons almal se verbasing het hierdie Franse span gespeel soos ons hulle in jare nie sien speel het nie. Dalk was dit die rede waarop dinge tot in daardie stadium so sleg vir die Springbokke verloop het. Moontlik te oorgerus? Weereens was daar verspeelde kanse, en Faf de Klerk het weer ‘n ‘afdag’ gehad, veral met sy skoppe, al het hy baie vinnig by die losskrums ‘skoongemaak.’ Hy herinner my aan Willie le Roux en Elton Jantjies. Wanneer hulle goed speel grens hulle aan briljant, maar wanneer dinge verkeerd loop, is hulle ordinêr.

Vyf minute voor die einde het ek besluit die Springbokke gaan verloor, nog ‘n rukkie gesit tot die 80 minute om was, want die eindfluitjie sou enige oomblik blaas, en ek en vroulief is kamer toe. Kwaai teleurgesteld en omgekrap. Die volgende oggend skakel ek die radio aan om nuus te luister, en na berigte oor die jongste manewales van Julius Malema en kie, vertel die nuusleser ons die Springbokke het die Franse gewen. Verbasing is nie die regte woord nie. Totale ongeloof dalk. En hoe lekker was dit nie om die laaste tien minute van die wedstryd later die oggend weer te kon kyk en daardie laaste drie te sien nie. Tesame met die Proteas se spogvertoning teen die Aussies het dit ons Sondag totaal opgevrolik.

Ons storie van die week kom van Lencel van Margate, wat dit per Whatsapp aan my gestuur het: Oom Koos gaan tandarts toe en sê: ‘Luister, ek wil twee tande laat trek en twee laat stop. Maar voor jy begin wil ek eers weet wat dit gaan kos’. Die Tandarts gaan haal sy pen, boekie en sakrekenaartjie en werk die sommetjies uit. Tandarts: ‘Oom, dit sal oom R4,200 kos.’ Oom Koos: ‘Nee seun, dis te veel man. Wys my eers wat het jy alles op daardie boekie geskrywe?’. Tandarts: ‘Oom, dis R600.00 vir die verdowingsmiddels’. Oom: ‘Nee, nee, ons het nie sulke goed in ons tyd gehad nie, haal dit af. Wat is daar nog?’ Tandarts: ‘Die gereedskap wat ek moet gebruik kos so R1 000.’ Oom: ’Nee seun, haal dit af. Ons het in ons tyd sommer ‘n draadtang gebruik. Waar is jou draadtang? Dan kan jy dit moes gebruik.’ Tandarts: ‘Ja oom, ek het ‘n draadtang. Sal hom net moet gaan soek.’ Oom: ‘En wat is daar nog in jou boekie?’ Tandarts: ‘Dis die antibiotika en ander medisyne wat die pyn en infeksie keer. Dis ook duur.’ Oom: ‘Nee, nee, haal af. Hoekom gebruik julle nie sommer brannewyn of mampoer soos wat ons gemaak het nie? Nou op hoeveel staan ons nou op die boekie.’ Tandarts: ‘Dis nog so R1 000 oom.’ Oom: ‘Dit klink beter. Sê my, wanneer kan ek die tannie inbring?’

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.