Wouter se Watergat

2018-12-06 06:00

Ons vermy politiek in hierdie rubriek sover as wat dit moontlik is, maar vandeesweek kon ek nie: Vir dae aaneen was een van die hoof-onderwerpe van bespreking ‘n sekere politikus met ‘n rooi beret, en sy trawante wat oral chaos veroorsaak en mense beledig.

Oom Pottie se kommentaar was ‘ek verstaan mense van Afrika het hul eie styl, maar wat uit daardie arrogante mannetjie Julius se mond kom maak my de m**r in.’

Baie blankes in hierdie land is bereid is om ter wille van ‘n vreedsame toekoms toegewings te maak, maar dis stadig maar seker besig om te verander.

Die probleem is nie net die afgelope tien jaar se wanbestuur van die ANC nie, maar die leier van die EFF wat uit sy pad uit gaan om blankes ( en ander mense wat nie met hom saamstem nie ) te beledig. Nie net is hy beledigend nie, hy maak stellings wat doodeenvoudig nie waar is nie, en gedra hom asof hy ‘n groot orakel van wysheid is.

Peet Viljoen, ‘n besoeker van Johannesburg en ‘n afgetrede politieke wetenskaplike, sê sy gedrag gaan alhoe aanstootliker word onderweg na aanstaande jaar se verkiesing.

Ons moet onsself maar voorberei op erger retoriek, veral teenoor die blankes, want Julius moet iets doen om die aandag van potensiële kiesers te trek want die ANC het die meeste van sy politieke beleidsrigtings, soos grond-onteiening sonder vergoeding, by hom ‘gesteel’.

Mense wat die binnekringe van die ANC in hierdie omgewing goed ken, bevestig die party is so verdeeld, veral op die Suidkus, dat die verkiesing aanstaande jaar landwyd waarskynlik vir die party ‘n groot terugslag gaan wees, tensy hulle die EFF, die DA en selfs die IVP kan tem. Die Watergat was dit egter eens dat die ANC, en in die persoon van Cyril Ramaphosa, die EFF moet aanvat oor hul beledigende aanmerkings teenoor ander Suid-Afrikaners, veral die blankes, al beteken dit dat die ANC steun gaan verloor.

As die gevoel wat die afgelope week hier geheers het enige aanduiding is van wat elders in die land gebeur, is daar geen twyfel dat baie mense van alle rasse, maar veral blankes, nie meer Julius Malema se arrogansie en beledigings gaan sluk nie. Kom ons hoop nog wurmpies van die EFF se betrokkenheid by die VBS-korrupsie kom uit die houtwerk uit.

Die nuusmedia kan ook gerus besluit om sy radikale uitsprake nie uit te basuin nie. Moenie hom doodswyg nie, maar doof die kollig. Almal moet met alle mag inklim om hierdie demagoog tot ‘n val te bring.

O ja, die rugby. Wat meer kan ‘n mens sê? Twee uit twee? Nog een wat ons dalk kon gewen het? Nee wat, Wallis het hul oorwinning verdien, en kom ons hoop Rassie bou volgende jaar op wat reeds vermag is. Anders is die Wêreldbeker ook neusie verby. As dit nie reeds te laat is nie.

Ons loopstrorie: Dis die juffrou se eerste skoolhoudag. Voor sit ‘n dogtertjie met ’n blou vlek op haar wang. ‘En die kol op die wangetjie, my skat? Het my kind seergekry?’ ‘Nee juffrou’ sê die kind met ‘n lispel. ‘Ek ith tho thebore juffrou’. Die onderwyseressie voel aaklig, en besluit sy sal meer diplomaties moet wees. ‘n Paar dae later sit Willempie in ‘n ander klas waar sy waarneem, met ‘n behoorlike blou oog. ‘My hartjie’, sê die juffrou, en die blou oog? Is my kind ook so gebore?’ ‘Nee juffrou’, sê Willempie. ‘Ek ith tho themoer’

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.