Wouter se Watergat

2018-12-13 06:01


HIER is ons reeds in die eerste week van Desember 2018. Dis net ongelooflik hoe die tyd verbyvlieg. Ons praat elke einde van die jaar oor dieselfde fenomeen, almal stem saam daarmee, veral namate ‘n mens ouer word, en niemand kon my nog ‘n aanvaarbare verduideliking kon gee oor waarom dit so is nie.

Waarom gaan ‘n dag. ‘n week, ‘n jaar so stadig verby wanneer jy tussen tien en 20 jaar is, en selfs op pad dertig toe? Dan, skielik, hier na dertig begin die momentum toeneem en dit gaan alhoe vinniger en vinniger.

Oor die sestig voel dit soos ‘n wegholtrein. Is ‘n mens se brein so geprogrammeer? Is daar sekere dinge waarvan jy bloot nie kennis neem nie en tyd dus relatief is?

Oom Pottie meen dis netsowel die tyd gaan vinniger verby wanneer ‘n mens ouer word want dan is daar meer bemkommernisse, skete en pyne en familietwisse. Wanneer jy jonk is, is daar baie meer om te geniet en die tyd ‘moet langer hou’.

Die reaksie op ghierdie terorie het gewissel van instemming, tot fronse en ‘moenie laf wees nie, man.’

Ander los geselsies het oor ‘n hele reeks onderwerpe gegaan, en Jans Bester van Hibberdene het hom doodgelag toe hy ‘n berig lees van ‘n blinde Amerikaanse man wat die tydskrif Playboy gaan dagvaar omdat hulle ‘sy regte aantas’ deurdat hy nie die stories in die tydskrif in Braille kan lees nie.

A bitter rift is reportedly emerging in the British royal family, and threatens to fracture the harmonious family image the young royals have thus far presented to the world.

According to a series of reports in respected UK outlets, rivalry and tensions emerged behind the scenes as Meghan Markle was integrated into the royal household.

‘Die stories?’ was Jans se kommentaar, ‘dink hy mense is gekke? Waarom Playboy se stories?

Al wat hulle hoef te doen is om twee rubberknoppies op strategiese plekke op die meisiefoto’s aan te bring. Dis al Braille wat hy nodig het.’

Naka Drotske se noue ontkoming was ook deurentyd op die agenda, en ek sal liewer nie na die kommentare hier verwys nie want dit sal as rassistiese haatspraak geklassifiseer kan word. Toe die rubriek geskryf is, het hy goeie vordering gemaak, grootliks danksy die vinnige optrede van Os du Rand. Verder is daar net hier en daar rugby gepraat, ook oor die Barbarians-wedstryd, maar ons het genoeg rugby vir die jaar gehad.

Verder berei ons ons voor vir die ( hopelik ) besige Kersseisoen wat vanjaar baie korter sal wees weens die skoolvakansies. Hopelik sal dit die omset van die Watergat nie skade berokken nie.

Die storie van die week is nie nuut nie, maar Tertius Delport van Kokstad het hom baie goed vertel. Hopelik is daar genoeg van julle want hom nog nie gehoor het nie. ‘n Boer het lank gelede geweldig las van jakkalse gehad.

Elke week is ‘n paar skape in die omgewing doodgebyt. Toe die probleem later te erg word, reël die boerevereniging ‘n vergadering waar alle rolspelers teenwoordig sou wees om ‘n oplossing vir die te vind. Van die kerkraad, deur natuurbewaring tot by die SPCA was teenwoordig. Die boere was met niks minder tevrede as die uitroeiing van die ongediertes nie.

Van skiet tot gif tot slagysters is al wat volgens hulle sal help. Die ou girl van die SPCA staan toe op en sê nee, sy stem nie saam nie. Dit is onmenslik en wreed.

Die boere moet eerder op ‘n manier die jakkalse vang en hulle kastreer. Op daardie manier sal die probleem homself met tyd oplos. Oom Gert, ouderling en lekeprediker het so in die tweede ry van voor gesit en staan toe op om te praat. “Vrinne” sê hy, “miskien moet ons net weer aan die dame van die SPCA mooi verduidelik, die jakkalse BYT die skape!”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 

Enter the examination number or search by province or school (NSC Students) to view results.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.