Wouter se Watergat

2018-12-20 06:01

Soos seker te wagte kon wees, is die afgelope twee weke se gesprekke oorheers deur beurtkrag. Ons hele dagprogram hier in die Watergat is aanvanklik totaal deur die onderbrekings ontwrig. Dit maak dit feitlik onmoontlik om ‘n onderneming soos hierdie gladweg te bestuur indien die elektrisiteit op wisselende tye van dag tot dag vir amper drie ure verdwyn. Ja, dit was in ‘n mate ons eie skuld, want ons het nie na Eskom se beurtkrag-skedules gaan kyk en behoorlike beplanning gedoen nie.

Ons was nie altyd seker of ons in Shelly Beach A of Shellly Beach B is nie. Daarbenewens was die onderbrekings dikwels langer as wat aangedui is, wat dit vir ons kombuispersoneel uiters moeilik maak om hul werkwyse aan te pas. Ons het heelwat gasstowe, wat biefstuk en hamburgers goed hanteer, maar wat maak jy indien jy ‘n porsie Dorado moet ontvries en jou mikrogolf werk nie? Of jou biervoorraad word minder in ‘n yskas wat vinnig warmer word? Ek het gedink ek is slim met die vis en skyfies. Maak ‘n klompie skyfies en porsies vis net voor die kragonderbreking in olie gaar, hou hulle warm ingeval iemand belangstel. Die mense wat tydens die kragonderbreking bestel het, was dit eens dat dit nie heeltemal dieselfde is nie, maar steeds lekker. Die volgende keer het niemand bestel nie, en ek het met ses porsies koue vis en skyfies gesit toe die krag herstel is. Voor hierdie rubriek geskryf is, het ons darem ‘n paar beurtkraglose dae gehad. Hoop dis die draaipunt.

Indien nie, is die ‘bottom line’, soos die Engelse uitdrukking lui, dat beurtkrag, nie net ons kus se vakansieseisoen-inkomste kwaai gaan knou nie, dit gaan die land uiteindelik op sy knieë dwing. En moet ons bedank? Die ANC, Eskom en die Guptas.

Ons storie van die week is stout, maar ontsettend snaaks, en Mienie Stander van Roodepoort dring daarop aan ek moet dit in die rubriek gebruik. Ek het die nodige sterretjies aangebring, maar vra nogtans om verskoning aan diegene wat dalk aanstoot neem: Dit is die eerste dag van skool.

En Juffrou gee almal ‘n beurt om hulle vakansiestories te vertel. Jannie het ‘n spraakprobleem. Hy kan nie F,V of W sê nie. Dus vermy Juffrou hom elke slag as gevolg van die massiewe verleentheid wat ontstaan wanneer hy praat. Jannie roep kort-kort... “Jupprou, Jupprou!! My beurt!” Uiteindelik kan sy hom nie meer ignoreer nie, en gee vir Jannie ‘n kans.

“Jupprou, hierdie pakansie, was die beste pakansie ooit! Net poor die pakansie koop my Pa vir hom ‘n splinterniepe Nissan Sapari pour by pour. Jupprou hy is pullhouse, aircon, leer, kragstuur en met net so ‘n groot spaarp**l agterop. Ons ry toe op pakansie met die niepe pour by pour, my Pa pas bietjie lus pir p*spang. Oppad na die p*spangplek, sien ons ‘n man en ‘n piets met ‘n pap p**l. En my pa lag toe pir hom. En nie lank daarna nie, toe het ons ook ‘n pap p**l.

My Pa pas glad nie happy nie. Na ‘n preeslike lang gesukkel is ons peer oppad. Net so poorkant P**ster, ons ry toe seker so pyptig, pyp en pyptig, hardloop daar skielik ‘n plakpark en haar pier klein plakparkies oor die pad. Jupprou my Pa skrik so groot, hy ruk aan die stuurp**l, perloor beheer. En Jupprou toe gaan dit p**s in daai bakkie!

Selpone plieg by die pensters uit. Toe rol ons die pour by pour. En daar lê ons toe in die pelt, met al p**r ons p**le in die lug! En die hele pêreld vol p*sstokke!”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.