Wouter se Watergat

2018-12-27 06:00

Hier kort voor Kersfees gaan dit maar woes, soos gewoonlik, met mense wat kom en gaan, elkeen met sy eie probleme, sienings en gevoelens oor Kersfees. Twee dae gelede toe ons so gesit en gesels oor die boodskap van Kersfees en hoe dit deesdae half verlore gaan, het Oom Pottie na my rekenaar toe gegaan en gesê hy wil ons iets wys waarop hy die naweek vantevore afgekom het. By Maroela-media, een van sy gunsteling-internetplekke, wys hy ons ‘n verhaal wat oorspronklik in die boek ‘Hillbrow is nie vir Sissies nie: Ware stories van hoop’ deur Elise Bosch geskryf is. Dit is in 2002 uitgegee deur Lapa Uitgewers, en het ons aan ons harte geraak. Ek dra dit vandeesweek oor net soos dit in 2011 op Maroelemadia gepubliseer is:

“Verlede week in Ross se slaghuis vertal ‘n vriend wat die inspirasie agter Koos du Plessis se liedjie ‘Sprokie vir ‘n stadskind’ is. Koos het deur Hillbrow gery, gesien hoe ‘n swart vrou met ‘n wit kind aan die hand deur die vuil strate stap. Koos het gevoel die kindjie hoort nie in Hillbrow nie. Toe gaan skryf hy die liedjie vir die onbekende kind: ‘As jy geluk en vrede wil vind, soek die reënboog se punt. Dalk vind jy die land van blou saffiere en dalk ‘n brokkie son.’ Dit het my laat dink aan die verhaal van ‘n straatkind wat ek ken. Hy kan nooit wag dat die stad se Kersfeesliggies aangeskakel word nie. Sy gewone lêplek was Hillbrow, voor Checkers, waar hy geslaap en parkeerplek aangewys het. Maar soos Kersfees nader sluip, het sy slaapplek na die stadsaal verskuif. Regoor een van die helderkleurige, flitsende Kersfeesliggies het hy sy bed van karton en koerantpapier gemaak. In die nagte voor Kersfees het hy gelê en kyk na die spesiale Kersfeesligspel bokant sy straatbed. Dan het hy aan sy ma gedink. Hy het probeer onthou hoe haar gesig lyk, want soos hy my in gebroke Engels probeer verduidelik het: ‘I think my mother live me. I was too small.’ Hy onthou haar ma-reuk, want sy’t altyd na Sunlightseep en gedroogde wasgoed geruik.

En hy onthou haar warm lyf, hoe sy hom aan haar bors vasgdedruk het. Toe hy sewe jaar oud was, het die man op die plaas waar sy ma gewerk het, hom op sy vragmotor gesit wat goedere na die mark moes neem, en hom langs die pad afgelaai. Hy vertel in sy eie woorde: ‘I look. Is nowhere. Just the veld. I get out. He start riding again. The other man on the lorry he sorry me. He throw me down the cold mieliepap in the newspaper to eat and fifty cents. He shouts ‘go to Egoli. Go that way’. Maar die kind het geweet God sou hom nooit weggooi nie. Die Modimo van wie sy ma hom vertel het, sal vir hom sorg. Dan skielik trek hy los met die liedjie wat sy ma hom geleer het Wangi thand ‘u Jesu lo (Jesus min my salig lot.)

Een Kersfees het ‘n kerkgroep vir die straatkinders in Hillbrow kos gebring. ‘n Vrou in die groep is getref deur die manier waarop een van die kinders sy klein handjies uitgehou het, en net soos met Koos Doep, het die kind by haar gespook. Hoe kan sy as ‘n Christen, en ma daarby, met haar lewe aangaan as sy weet daardie kindjie gaan Kersnag in die strate deurbring. Die volgende aand het sy hom gaan haal, in haar duur Duitse motor. Sy het haar eie kinders saamgevat. Sy het hom na ‘n huis in ‘n gegoede woonbuurt geneem. Dit sou sy tuiste word. Nie in ‘n buitekamertjie nie, maar in die huis, soos ‘n eie kind, waar hy al die voorregte kon deel en skool toe gaan. Nhlanhla (Lucky) se Kersgeskenk was ‘n ma en ‘n huis. Nie sy eie ma nie, want sy kon nie opgespoor word nie, maar ‘n wit ma wat ‘n swart kindjie se hand kom vat het, hier onder die neonlig se punt.” Van ons almal hier in die Watergat: “Geseënde Kersfees”.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.